Kaptein Carol-Ann agter die stuur
Die rob Bubbles en pelikaan Lady Gaga is dié weduwee se vriende.
Tanja Bause
Kaptein Carol-Ann Möller is tans die enigste vrou in Namibië wat 'n luukse, mariene toeronderneming besit en bestuur.
Möller het Namibia Dolphin and Seal Catamaran Cruises in April 2017 geregistreer en haar bootlisensie vir bote onder 25 ton in 2018 gekry.
“Ek is nou 'n kaptein en kan met my eie seiljag tot 75 myl van die kus af vaar,” sê sy.
Möller is die ma van twee dogters en kaptein Hans-Jörg Möller, wat in 2004 met katamaranbootritte begin het, se weduwee.
“Alles wat ek van die see en bote af weet, het ek by my man geleer. Die liefde vir die seelewe, die oop water en alles wat daarmee gepaard gaan, is te danke aan hom. Deur met die bootritte voort te gaan, hou ek sy nalatenskap lewend,” sê sy.
Die luukse en omgewingsvriendelike seiljag, Manatee, vertrek daagliks van die waterkant in Walvisbaai af.
Gaste vaar verby die nuwe en ou hawe, verskeie bote in die hawe en tot by Pelikaanpunt en die robkolonie.
“Op pad soontoe word die boot besoek deur vriendelike robbe of pelikane wat op vis wag. Bubbles is een van die robbe. Sowat twee jaar gelede het sy en nog 'n klein rob ná 'n stormagtige nag op die sementblad by die waterkant gelê.
“Hulle was baie klein en my kinders het hulle begin voer. Bubbles kom sê nou nog gereeld vir ons hallo,” sê Möller.
Lady Gaga die pelikaan loer ook gereeld in.
“Sy is onlangs deur vermoedelik 'n rob gebyt en haar sy is seer. Ek sal die boot later sonder toeriste uitvat en haar 'n antibiotika-inspuiting gee. Ek kan aan haar vat, so dis nie 'n probleem nie.”
Gaste op die boot maak nie net met die diere kennis nie, maar kan ook die geleentheid kry om dolfyne te sien wat langs die boot swem.
Tussen Julie en November is die kans goed om 'n walvis te sien.
Bootvaarte word met 'n vingerete afgesluit.
Die Manatee is ook vir mense met rolstoele toeganklik.
Namibia Dolphin and Seal Catamaran Cruises is ook vir troues, verjaardae of die strooi van 'n geliefde se as beskikbaar.
“Niks is te veel moeite nie. Kontak ons en gesels met my,” nooi Möller.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie