Kaptein se span bo by Buiteklub
Gholf
Die Windhoek Gholf- en Buiteklub het laas Saterdag en Sondag sy lank verwagte Toernooi van Kampioene aangebied.
Die kompetisie was die hoogtepunt van die afgelope seisoen se maandelange wedloop om 24 gesogte plekke in die finaal.
Vertonings in verskeie vorige toernooie het punte vir die spankeuse getel. Die gekwalifiseerde spelers is uiteindelik verdeel om in die Klubvoorsitter of die Klubkaptein se spanne opgeneem te word.
Die twee spanne in die finaal is deur Windhoek Lager (Kapteinspan) en die Windhoek Buitekluboord (Voorsitterspan) geborg.
Die Saterdag was 'n lang dag vir al die spelers wat 36 putjies moes speel, naamlik beterbal in die oggendsessie en vierspel in die namiddag.
Die Kapteinspan het reeds ná dag een se oggendsessie voorgeloop (3.5 teen 2.5) en het die namiddag sy voorsprong tot drie punte vergroot (7.5 teen 4.5).
In Sondag se enkelspel was twaalf waardevolle punte op die spel. Die Kapteinspan het minstens vyf uit 12 nodig gehad om sy oorwinning te verseker.
Die twee spankapteins het egter reeds so vroeg as die sewende putjie blad daarop geskud op die uitslag beklink is, met die Kapteinspan die gerieflike wenners met 14.5 teen 9.5.
OMEYA
Omeya gholfklub het Saterdag die finaal van die PPS Betterball Powerplay-reeks aangebied.
Peter Johns en Steven Johns het as die algehele reekswenners weggestap, met die tweede posisie wat aan Suzette Vermeulen en Anja Wessels behoort het.
Herman Steytler en Eric Verburg was derde.
Die wenners van die dag se pryse was:
1 Antonie van Wyk en Ernst Nitschke
2 Fritz Sachse en Cilliers Sachse
3Jurie Engelbrecht en Fanie Oosthuizen
4 Eldred Koopman en Chris Claassen
Die pryse vir die houe naaste aan die pen is opgeraap deur Jacques Theron (putjie 4) en George Lumley (putjie 14).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie