Kapteinsverkiesing mik terug na die hof
Kapteinsverkiesing mik terug na die hof

Kapteinsverkiesing mik terug na die hof

Dani Booysen
Boet Matthews op Rehoboth



Nadat hy volgens aanvanklike indrukke 'n kishou by die stembus toegedien is, wil mnr. Rynault van Wyk, die onsuksesvolle kandidaat in Saterdag se verkiesing van 'n nuwe kaptein vir die Baster-gemeenskap, en sy ondersteuners glo beweerde grootskaalse korrupsie en onreëlmatighede op stemdag voor die hof sleep.

Volgens hulle het die tel van stemme om 21:20 in die stadsaal begin en geduur tot byna 10:00 die volgende oggend.

Van Wyk voer aan die verkiesingsuitslae waarvolgens mnr. Jacky Britz voorlopig as die wenner ­aangekondig is, was onbevestig en nie formeel ­afgeteken nie.

Soos met alle vorige kapteinsverkiesings is daar in die stowwerige dorp uiteenlopende menings.

Facebook-blaaie wys oop karton­dose en in 'n handgeskrewe brief sê ondertekenaars die aanlyn stemproses was 'n groot ramp.

Gegriefdes wonder hoe die verkiesing regverdig was as aanlyn stemme, waarvoor mense N$100 per persoon betaal het, glo summier uitgegooi was. Op Karibib is gewonder hoe 'n geldige Baster-stem minder kan tel as 'n kruisie op papier in Blok F.

Volgens Van Wyk sou hy laat gistermiddag met sy regslui in Windhoek vergader om oor die pad vorentoe te besluit. Hy het onderneem om vandag meer besonderhede te verstrek.

Uit die ander kamp word ­herinner dat juis Van Wyk en mnr. Neville ­Angermund tydens 'n aanvanklike vergadering oor die verkiesings in die Hermanus van Wyk-gedenksaal op die samestelling van 'n verkiesingskomitee aangedring het.

Ondanks sy besware en aanvanklike onttrekking tydens die nominasie­vergadering, wys die mense uit, het Van Wyk die proses aanvaar en gesê “I am ready to rumble”.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!