Karasburgers ku00f3m vir BA
Karasburgers ku00f3m vir BA

Karasburgers kóm vir BA

Dis 'n naweek vir botsings tussen groot en klein spannetjies.
NAMPA
Young Brazilians van die verre Karasburg is 'n groentjiespan in die MTC Namibiese Premierliga, maar dit beteken nie hulle gaan omrol sodat Black Africa oor hulle kan loop nie.

Die twee spanne ontmoet Sondag in die Sam Nujoma-stadion.

Tolla Julius, afrigter van die besoekende span wat ook as die “Dakaza Boys” bekend staan, het gister aan Nampa gesê die span is vasbeslote om minstens een ligapunt met 'n gelykopuitslag vir hul moeite te verdien.

Die twee klubs het mekaar verlede jaar op Keetmanshoop in 'n voor­seisoense vriendskaplike wedstryd ontmoet wat op 2-2 geëindig het, maar Junius sê vir beide spanne het intussen baie verander.

“Black Africa is boaan die puntelys omdat hulle deurlopend goed gespeel het, maar dit beteken nie ons kan nie 'n goeie uitslag teen hulle kry nie. Ons kom nie Windhoek toe dat hulle met ons maak wat hulle wil nie. Hulle kan maar 'n taai wedstryd verwag.”

Julius sê sy span deins nie terug vir fisieke sokker nie en hulle is ingestel om alles te gee om hul ondersteuners gelukkig te maak.

“Ek versoek alle suide-mense in Windhoek om stadion toe te kom en ons manne aan te moedig,” het hy gesê.

Intussen sê Paulus Shipanga, afrigter van Black Africa, die voorlopers het geen planne om hul momentum hierdie seisoen te laat skietgee nie.

“'n Span soos BA gaan op die veld met net een gedagte en dit is om die wenpunte te verdien. Ons het goed voorberei vir hierdie botsing en ons sal Sondag doen wat ons moet doen.”

Shipanga die seisoen verloop sover volgens plan. Sodra die vensterperiode vir oorplasings weer oop is, stel hy belang om die diepte in sy groep met 'n doelwagter, verdedigers aan die regter- en linkerkant asook 'n voorspeler te versterk.

“Ons het nou 22 spelers en sal graag nog vyf wil byvoeg, want die Debmarine-beker uitkloptoernooi en die Standard Bank Top 8-beker lê ook nog voor,” sê hy.

Daar is vyf punte verskil tussen die spanne, met Black Africa heel boaan met 16, terwyl Young Brazilians vierde is met elf.



AFRICAN STARS

Die trots van die heersende Namibiese ligakampioen, African Stars, kom môre om 16:00 voor 'n uiters gedugte toets te staan.

Hul opponente Raja Casablanca van Marokko is die huidige houer van die CAF Konfederasiebeker-trofee en is die volslae gunsteling om môre in Windhoek, asook in die herontmoeting in Marrakesj op 20 Januarie, verby die lig gerekende Namibiese spannetjie te vorder.

African Stars, by monde van sy kaptein Pat-Nevin Uanivi en hulpafrigter Andrew Tjahikika, het egter dié week verklaar dat die span so deeglik as moontlik voorbereid is vir die komende uitdaging.

'n Tuisoorwinning en 'n gelykop in Marokko is die onmoontlike droom wat African Stars najaag.

Die klubvoorsitter Patrick Kauta moedig ondersteuners aan om mekaar nie by die hekke te vertrap nie.

“Mense moet asseblief minstens 'n uur vooraf opdaag. Ons wil nie 'n herhaling sien van die Orlando Pirates-wedstryd, toe soveel mense opgedaag het terwyl die wedstryd reeds aan die gang was. Toe het hulle só gedruk dat die hekke om veiligheidsredes oopgemaak moes word.

“Dit kan baie gevaarlik wees en veral kinders kan seerkry. Koop die kaartjies vooraf (webtickets by enige Pick n Pay landwyd) en kry betyds jou sitplek,” het Kauta gesê.

- Nampa en eie berig

Kommentaar

Republikein 2024-09-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 22° | 37° Eenhana: 18° | 38° Oshakati: 18° | 37° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 15° | 33° Omaruru: 15° | 35° Windhoek: 15° | 31° Gobabis: 12° | 32° Henties Bay: 11° | 21° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 11° | 32° Mariental: 12° | 34° Keetmanshoop: 11° | 31° Aranos: 11° | 33° Lüderitz: 13° | 21° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 14° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 8° | 12° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 11° | 32° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 15° | 31° Cape Town: 11° | 24° Durban: 13° | 18° Johannesburg: 6° | 19° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067 Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Stoke City 1 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 22° | 37° Eenhana: 18° | 38° Oshakati: 18° | 37° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 15° | 33° Omaruru: 15° | 35° Windhoek: 15° | 31° Gobabis: 12° | 32° Henties Bay: 11° | 21° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 11° | 32° Mariental: 12° | 34° Keetmanshoop: 11° | 31° Aranos: 11° | 33° Lüderitz: 13° | 21° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 14° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 8° | 12° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 11° | 32° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 15° | 31° Cape Town: 11° | 24° Durban: 13° | 18° Johannesburg: 6° | 19° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067