Karibib opnuut die mekka vir langasems
Padwedlope
Tielman van Lill - Die derde QKR Namibia Navachab goudmyn halfmarathon oor ’n afstand van 21.1 km word Saterdag op Karibib aangebied waar atlete van oral in Namibië vir ’n kontantprys sal kan deelneem.
Die Navachab goudmyn borg die geleentheid met N$45 000, terwyl Namibia Marble & Granite asook FNB Karibib elk N$5 000 bydra. Die Karibib se dorpsraad borg N$6 400 en Coca-Cola is die koeldrankborg.
Mnr. Lion Kahimise, gemeenskapsbeampte van Navachab, het gesê dié borg is trots om met die byeenkoms verbind te wees.
“Ons voel geëerd om vir die derde jaar by die kompetisie betrokke te wees. Daar is groot kontantpryse om te wen, dus nooi ek almal om van die kans gebruik te maak om ons goud- en marmerdorp te besoek.
“Al is jy nie ’n atleet nie, is jy steeds welkom om jou geluk te kom beproef,” het Kahimise gesê.
Mnr. Bethold Karumendu, streekbeampte vir sport van Omaruru, het bevestig dat N$40 800 in prysgeld uitbetaal sal word.
“Atlete kan Vrydag vanaf 10:00 begin om in die hoofstraat te registreer. Net ná 17:00 sal die registrasie by die Usabveld voortgesit word. Laatkommers kan ook nog die Saterdagoggend vanaf ses- tot sewe-uur gou inskryf,” het Karumendu gesê.
Mense wat nie kan bekostig om Karibib te haal nie, sal kosteloos per bus vanaf Omaheke, Hardap/Karas, Kavango Wes/Oos, Otjozondjupa en Kunene kan reis.
Gratis verblyf is beskikbaar in die jeugkoshuis op Usakos wat net 30 km van Karibib geleë is.
In die afdeling vir senior mans en vroue (20-39 jaar) sal die eerste ses plekke prysgeld ontvang wat tussen N$5 000 tot N$300 wissel.
By die junior mans en vroue (13-19 jaar) ontvang die eerste vyf posisies kontant (N$2 000 tot N$300), terwyl mans en vroue veterane (40-49) in die eerste drie plekke tussen N$2 000 en N$700 sal wen. Die meesters mans en vroue (50 jaar en ouer) sal tussen N$1 500 en N$500 in die eerste drie posisies kan opraap.
Verlede jaar het Uveni-Nawa Kuugongelwa en Alina Armas onderskeidelik die mans- en vrouewedloop ingepalm. Beide hardloop in die kleure van die Namibiese weermag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie