Karringmelk-en-cheddar-brood
Jy kan die brood aanpas soos jy daarvan hou; enige kaas of krui is welkom by sy 6 bestanddele.
10 - 12 snye
• 1 pakkie (500g) bruismeel
• 100g (250ml) cheddarkaas, gerasper
• 30ml roosmaryn, gekap
• 5ml sout
• 5ml varsgemaalde swartpeper
• 1 houer (500ml) karringmelk
Verhit oond tot 190ºC. Gooi al die droë bestanddele in 'n groot mengbak. Voeg karringmelk by en meng met 'n houtlepel totdat alles deeglik gemeng is. Skep beslag in 'n broodpan van 21 x 11cm wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak vir 35 - 40 minute of tot 'n toetspen skoon uitkom. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie