Karsten ’n vindingryke vakman op volle toere
Die laaste paar jaar is die moordspeurder Ella Neser deur soveel sadiste, sielsiekes en geweldenaars geteister dat sy teen dié tyd werklik ’n blaaskans verdien.
Die mees onlangse Ella Neser-trilogie – Die verdwyning van Billy Katz (2015), Die dood van ’n goeie vrou (2016) en Koms van die motman (2017) – het byvoorbeeld nie minder nie as 1 337 bladsye beslaan. G’n wonder dat Chris Karsten haar in sy nuutste boek ’n welverdiende ruskans gee.
Anderman se vrou (2019) is Karsten se tweede Wim Kellerman-roman. Die eerste, Seisoen van sonde, het reeds in 2009 verskyn en is die jaar daarna met die ATKV-Woordveertjie vir spanningslektuur bekroon.
Naas die hoofkarakter, Wim Kellerman – afgetrede wetenskaplike en skoenlapperboer in die Goeroegabvallei naby Wildernis – maak karakters soos Portis, Molly Onkers, Mira Bertolini en Lenny Arries opnuut hul verskyning.
Nou val die fokus egter op Wim se soeke na die meesterbrein agter die geheimsinnige verdwyning van Portis se vyf jeugvriende – die sogenaamde Bonteheuwel-vyf – uit staatsaanhouding in die 1980’s. Wim is vas oortuig daarvan dat sy eertydse kollega en aartsvyand Simon Pope nog lewe en antwoorde op dié raaisel kan verskaf. Daarom koop hy ’n kaartjie Kanada toe, kwansuis agter skoenlappers aan.
Al speel die grootste deel van Anderman se vrou in Kanada (en veral Montreal, Quebec en die kus van Nova Scotia) af, strek die wortels van die boosheid al die pad terug tot by die “evaluasiekamer” van die staatslaboratorium, Bon Accord, in Suid-Afrika.
Soos in ’n Man van min belang (2013) gooi die skrikwekkende dade wat gedurende die apartheidsjare gepleeg is, dus nog láng skaduwees oor gebeure in die verhaalhede.

Anderman se vrou begin met ’n grieselrige ontdekking wat meer verhul as wat dit ontbloot. Vier vissermanne word in September 2008 deur ’n bloederige toneel begroet wanneer hulle gaan ondersoek instel nadat hulle ’n gestrande visserskuit teen Black Rock net suid van Moose Cove opgemerk het.
In die tweede hoofstuk, wat slegs enkele ure voor dié eerste hoofstuk afspeel, word Wim Kellerman (die “toevallige toeris” in Kanada) deur twee lede van die Royal Canadian Mounted Police in Halifax ondervra. Die verwagting dat Wim die speurwerk en dus ook die meeste van die ondervraery in die roman gaan behartig, word dus slim deur Karsten op sy kop gekeer. Korporaal Sarah Young, wat haar “puntige neusie” tydig en ontydig in Wim se sake steek, is veral nuuskierig oor die aard van sy verhouding met Rachel Pope, Simon se vrou, wat in dié stadium in die roman net soos haar man skoonveld verdwyn het.
Tog is dit die einste Rachel wat in die derde hoofstuk aan die woord is. Hierdie verhaallyn speel egter twee jaar vantevore in George Town, Grand Cayman, af en lig die leser in oor die sonderlinge verhouding tussen Rachel en Simon (veelseggend voorspel deur die motto’s voorin die roman). In e-posse aan haar suster, Lea, beken Rachel dinge waarvan die polisie in Suid-Afrika én Kanada nie in hul wildste drome sou kon raai nie.
In twee van die drie hieropvolgende hoofstukke word die leser aan nóg twee sentrale karakters bekend gestel: die tronkvoël en huurmoordenaar Aimé Simard, wat ná 12 jaar agter tralies ’n nuwe lewe as ene Serge Baribeau begin, en Bernie Noble, ’n hawelose alkoholis wat sy hele lewe weggedrink het en deur ’n beskermingsbevel van sy vrou en kinders weggehou word.
Die wyse waarop hierdie falanks uiteenlopende karakters (in oënskynlik nieverbandhoudende verhaallyne) oplaas met mekaar verstrengel raak, ontvou in die daaropvolgende hoofstukke van die roman. Met groot geduld en ewe veel vernuf trek Karsten die drade saam en sorg hy boonop in die proses vir meer as een verrassende verhaalwending.
Karsten onderskat nie sy leser nie. Inteendeel, in dié roman stel hy plek-plek nogal hoë uitdagings aan hom/haar.
Karsten onderskat nie sy leser nie. Inteendeel, in dié roman stel hy plek-plek nogal hoë uitdagings aan hom/haar. Aangesien die verskillende verhaallyne nie op dieselfde tyd afspeel nie, het ek al vroeg besef dat dit besonder raadsaam is om die datumverwysings aan die begin van elke hoofstuk deeglik in ag te neem.
Dis egter nie net die verhaallyne en tye wat in die roman afgewissel word nie; ook die manier waarop Karsten sy taalgebruik varieer verskaf eindelose leesgenot. In sy byna liriese natuurbeskrywings diep Karsten woorde op wat dreig om uit ons taalgeheue te verdwyn, terwyl hy ander kere met heerlike neologismes soos “dopdors”, “pikwater” en “kopkwakke” vorendag kom.
Voorts gebruik hy taal ook op skerpsinnige wyse as karakteriseringsmiddel: Sieg Eyselen praat byvoorbeeld ’n pouslike Afrikaans wat van meerderwaardigheid drup; Lea, Rachel se suster, mix haar e-postaal al te terribly, terwyl Serge knoop dat die Atlantiese Oseaan hom nie sommer sal skoonwas nie. Dit is egter die wyse waarop Wim by geleentheid met wrewel en woede spreekbuis word vir die verbeelde stemme van die president, die minister, die hoof van staatsveiligheid, die besturende direkteur van BA BioTech, Simon Pope én die sadistiese Jack (bl. 203-205) wat as ’n hoogtepunt in Karsten se oeuvre gereken behoort te word. Hiér is ’n skrywer op volle toere.
Nes Seisoen van sonde kan Anderman se vrou as ’n sielkundige riller beskou word in dié opsig dat dit ondersoek instel na die onsigbare dinge wat een mens dryf om ’n ander onvoorstelbare leed aan te doen. Maar dan is dit ook ’n onsentimentele liefdesverhaal wat die onverwagse vreugde van ’n tweede kans vier. By geleentheid dink Wim byvoorbeeld heel verdwaas: “Al begin hy jou al hoe meer in die steek laat, die aptyt van jou ouer wordende liggaam moet jy nooit onderskat nie, soms ook nie sy werkverrigting nie.” (bl. 265)
As jy eers op dreef is, kan jy Anderman se vrou nie neersit nie. Dit is ’n roman wat inlig, verras en oplaas ook ontroer. Lees dit gerus met ’n skryfding byderhand.
Thys Human doseer letterkunde aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie