Katalaanse leier onder druk oor onafhanklikheid

Dit bly 'n ope vraag of Katalonië sal besluit op onafhanklikheid van Spanje en wat Madrid dan te doen staan.
NAMPA
Katalonië se afstigtersleier is onder druk om planne te laat vaar om onafhanklikheid van Spanje te verklaar, met Frankryk en Duitsland wat hul steun aan Spaanse eenheid toegesê het.

Die regering in Madrid gaan gebuk onder Spanje se grootse politieke krisis sedert ‘n mislukte staatsgreep in 1981. Die regering sê daar sal onmiddellik gereageer word indien ‘n eensydige onafhanklikheidsverklaring gemaak word.

‘n Week ná die referendum vir onafhanklikheid in Katalonië het die spanning sy tol op die sakeklimaat in Spanje se welvarendste streek begin eis.

Nog drie maatskappye waarvan die hoofkantore in Katalonië is, het hulle by die sake-uittog uit die streek aangesluit.

Die Spaanse minister van finansies sê dit is die Katalaanse regering se skuld dat die maatskappye onttrek.

Die kwessie het diepe verdeeldheid in die noordoostelike streek asook onder die Spaanse nasie veroorsaak. Honderdduisende mense het die naweek in Barcelona teen die beplande wegbreek betoog. Hulle sê die referendum het nie die ware wil van die streek bewys nie, omdat diegene wat deel van Spanje wil bly, die referendum geboikot het.

Aangespoor deur die tekens van steun, het Spanje se adjunkpremier, Soraya Saenz de Santamaría, Maandag gesê: “Ek doen ‘n beroep op die verstandige mense in die Katalaanse regering: Moenie in die afgrond spring nie, omdat julle die mense saam met julle sal neem.”

Ingevolge die Katalaanse referendumwet, wat deur Madrid as ongrondwetlik beskou word, sal ‘n stem ten gunste van onafhanklikwording in die parlement ‘n ses maande lange proses van skeidingsamesprekings met Spanje begin.

Spanje se eerste minister, Mariano Rajoy, het Maandag gedreig om die sogenaamde “kernopsie” uit te oefen en die Katalaanse regering te verwyder sodat nuwe streeksverkiesings gehou kan word. - Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!