Katalaanse leier vas voor hy kon terugkeer na België
Carles Puigdemont, die voormalige Katalaanse president, sou gister in 'n Europese hof verskyn nadat hy oor die naweek in Duitsland aangekeer is toe hy na België probeer terugkeer het, berig SkyNews.
Enkele ure nadat die nuus van Puigdemont se inhegtenisneming bekend geword het, het derduisende Katalane in Barcelona se strate betoog teen sy inhegtenisneming.
Betogers het met die polisie gebots.
Puigdemont was in Duitsland om met politici daar te beraadslaag.
Hy is in hegtenis geneem nadat 'n Spaanse hof Vrydag weer 'n internasionale lasbrief vir sy inhegtenisneming in werking gestel het.
Puigdemont word deur Spanje gesoek op klagtes van rebellie en afstigting nadat 'n referendum om van Spanje af te stig in Oktober verlede jaar in Katalonië gehou is.
Puigdemont woon in België sedert hy verlede jaar uit Spanje gevlug het weens sy betrokkenheid by die Katalaanse onafhanklikheidspoging. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie