Katalonië wil onderhandel
Die Katalaanse leier wil met behulp van internasionale bemiddeling met Madrid in gesprek tree.
Katalonië se leier het Dinsdagaand nie so ver gegaan om 'n formele verklaring van onafhanklikwording van Spanje te maak nie.
Hy het vir onderhandelinge met Madrid gevra om oor die streek se toekoms te praat. Hierdie stap het bygedra om vrese vir onmiddellike onluste in die hart van die euro-sone te besweer.
Carles Puigdemont het die Katalaanse parlement toegespreek terwyl duisende betogers en honderde gewapende polisiebeamptes in die strate van Barcelona geluister het.
Puigdemont het slegs 'n simboliese verklaring gemaak en het volstaan deur aanspraak te maak op 'n mandaat om met afstigting te begin. Hy het egter enige formele stappe in die verband opgeskort.
Sy opmerkings het baie van sy ondersteuners teleurgestel wat buite gewag en Katalaanse vlae geswaai het.
Die toespraak is egter gunstig deur finansiële markte ontvang en die euro het 'n hupstoot gekry met die hoop dat die stap Spanje se ernstigste politieke krisis in dekades geringer sal maak.
Spanning in Katalonië het opgelaai sedert die referendum op 1 Oktober gehou is om oor onafhanklikwording van Spanje te stem. Die referendum is nie deur Madrid erken nie en is as ongrondwetlik afgemaak.
Puigdemont het nie eensydige onafhanklikheid verklaar nie, maar wel 'n proklamasie van “volle soewereiniteit” onderteken. Die wetlike waarde hiervan is onduidelik.
Die vooruitsigte vir politieke onderhandelinge bly egter vaag, ondanks Puigdemont se gebaar. Madrid hou vol dat samesprekings net “binne die raamwerk van die wet” sal geskied, 'n frase wat geïnterpreteer word as 'n verwerping van onafhanklikwording as 'n opsie.
Adjunkpremier Soraya Saenz de Santamaria het ook die Katalaanse leier se voorstel vir onderhandelinge met die bystand van 'n internasionale bemiddelaar verwerp. “Nie mnr. Puigdemont of enige iemand anders kan bemiddeling afdwing nie,” het sy gesê. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie