Katiku Mboma, wêreld se 200-koningin
Met verdere fisieke en tegniek-ontwikkeling word allerweë groot dinge vir die tienermeisie voorspel.
Tielman van Lill
Waarheen lei die toekomspad vir Namibië se 18-jarige Christine Mboma in die 200 meternaelloop?
Haar beskeie geaardheid ten spyt, was haar toetrede tot dié afstand vanjaar niks minder as fenomenaal nie en Mboma is algaande besig om haar in die geselskap oor voorste 200-vroueatlete in die geskiedenis (Greatest Of All Time, ofte wel GOAT) tuis te maak.
Met verdere verbetering aan haar wegspring, lyn en versnelling om die draai, kan Mboma nóg happe uit haar tyd vat. Geestelik blyk sy reeds volwasse, opgewasse, taai en ambisieus genoeg vir die taak te wees. Fisiek kan sy oor die volgende vier jaar ook nog heelwat ontwikkel.
As daar na die wêreld se topvroue-snellers gekyk word, wil dit voorkom of die gemiddelde ouderdom vir topprestasies eers ná 25 aanbreek.
Florence Griffith-Joyner (bynaam Flojo) was 28 toe sy die wêreldrekord behaal het, terwyl Elaine Thompson-Herah (29) vanjaar haar beste tyd opgestel het. Merlene Ottey (31) was selfs ouer toe sy die sesde vinnigste tyd in die geskiedenis agter haar naam verseker het.
Marion Jones (22) en Heike Drechsler (21) was in hul vroeë twintigs egter puik op peil vir hul persoonlike beste tye wat vandag nog onder die toptien in die wêreld tel.
ONVERBETERLIKE OPGANG
Mboma, tevore ’n 800- en 1500-atleet voor afrigter Henk Botha haar help omskep het, het in Juniemaand haar eerste twee 200’s voor die Spele gehardloop en vyf keer onder 22 sekondes geëindig.
Met 21.78 sekondes hou sy tans die o.20-wêreldrekord, senior en o.20-Afrika-rekord, die Namibiese senior en junior rekord, benewens verskeie senior byeenkomsrekords in Europa en Afrika waar sy deelgeneem het. Dit was ook die derde vinnigste tyd vir 2021.
Sy is die wenner van die silwermedalje met 21.81 by die 2020 Olimpiese Spele in Tokio, Japan. Sy is die o.20-wêreldkampioen in Nairobi, Kenia, en Wêreldatletiek se 2021 Wanda Diamantliga-kampioen met 21.78.
Van die 14 wedlope oor 200 meter vanjaar het sy 12 gewen en Elaine Thompson-Herah was die enigste wat haar kon klop.
Ná vyf wedlope en die Spele maak sy vir die eerste keer (10 Augustus) haar verskyning op Wêreldatletiek se 200-ranglys in die agtste posisie met 1 326 punte. Teen 24 Augustus bokspring sy met 1 350 plekke tot nommer ses en volg dit op met 1 396 vir die derde posisie op 7 September.
Verlede Dinsdag (14 Augustus) bereik sy die boonste sport met 1 396 om reusagtig bo sterre soos Shericka Jackson (tweede), Elaine Thompson-Herah (derde), Gabrielle Thomas, Dina Asher-Smith en Marie-Josée Ta Lou uit te troon.
Nadat Allyson Felix se o.20-wêreldrekord (22.18, 25 Augustus 2004) 17 jaar lank bly staan het, het Mboma vanjaar oorgeneem en vier keer aan die beste merk weggekerf. Op 2 Augustus by die Olimpiese Spele in Tokio het sy eers met 22.11 haar debuut in die uitdunne gemaak en dit met 21.97 in die semifinaal onderteken.
In die onvergeetlike Olimpiese finaal skuif sy met haar kenmerkende eindpoging verby vier topsterre en wen die silwermedalje met ’n briljante 21.81. By die Diamantligafinaal in Zürich draai sy die krane nog groter oop en wen die prestige-ryke geleentheid met 21.78 sekondes.
Die Amerikaners Allyson Felix en Sha’Carri Richardson was heelwat ouer as Mboma toe hulle hul o.20-wêreldrekords van onderskeidelik 22.18 en 22.17 behaal het.
Felix se verpletterde o.20-wêreldrekord (22.18) het sy op 25 Augustus 2004 behaal toe sy 18 jaar en 9 maande oud was. Sha’Carri Richardson (toe 19 jaar en 3 maande) het dit op 8 Junie 2019 tot 22.17 verbeter voordat Mboma die rekordboeke in 2021 soos ’n sikloon getref het.
Mboma was 18 jaar en 2 maande 11 dae oud toe sy Felix se rekord op 2 Augustus uitgewis het.
Die Namibiër se nuwe rekord (21.78, 3 Augustus 2021) is die 19de vinnigste tyd in die geskiedenis van elektroniese tydmeting teen ’n stewige 33.057 kilometer per uur. ’n Skrale 00.44 stadiger as Florence Griffith-Joyner van die VSA se senior wêreldrekord van 21.34.
Griffith-Joyner was ’n gesoute atleet toe sy op 28-jarige ouderdom die senior wêreldrekord (21.34) teen gemiddeld 33.739 km/h op 29 September 1988 by die Olimpiese Spele in Seoel, Suid-Korea, beklink het.
In perspektief gesien: Indien Mboma teen Flojo in die 200 moes hardloop, sou ’n skrale 19 sentimeter haar en Griffith-Joyner van mekaar geskei het.
Haar 21.78 is die derde vinnigste senior tyd in 2021. Net 00.25 sekondes stadiger as Elaine Thompson-Herah se wentyd van 21.53 by die Olimpiese spele in Tokio.
SENIOR VROUE, TOPTIEN BESTE 200-TYE VIR 2021
1 Jamaika: Elaine Thompson-Herah (29 jaar) 21.53 (3 Aug).
2 VSA: Gabrielle Thomas (24) 21.61 (26 Junie).
3 Namibië: Christine Mboma (18) 21.78 (9 September).
4 Jamaika: Shelly-Ann Fraser-Pryce (34) 21.79 (27 Junie).
5 Jamaika: Shericka Jackson (27) 21.81 (9 Sep).
6 VSA: Jenna Prandini (28) 21.89 (26 Jun).
7 VSA: Anavia Battle (22) 21.95 (26 Jun).
8 VSA: Tamara Clark (22) 21.98 (26 Jun).
9 Bahamas: Shaunae Miller-Uibo (27) 22.03 (4 April).
10 Brittanje: Dina Asher-Smith (25) 22.04 (3 Sep).
HUIDIGE TOPTIEN 200-WÊRELDRANGLYS
1 Christine Mboma (1 455 punte).
2 Shericka Jackson (1 407).
3 Elaine Thompson-Herah (1 406)
4 Gabrielle Thomas (1 404).
5 Dina Asher-Smith (1 398).
6 Marie-Josée Ta Lou (1 381).
7 Mujinga Kambundji (1 375).
8 Shelley-Ann Fraser-Pryce (1 354).
9 Shaunae Miller-Uibo (1 347).
10 Beatrice Masilingi (1 335)
VINNIGSTE TIEN WETTIGE ELEKTRONIESE TYE IN DIE GESKIEDENIS, SENIOR VROUE
1 VSA: Florence Griffith-Joyner (28 jaar) 21.34 (29 Sep 1988).
2 Jamaika: Elaine Thompson-Herah (29) 21.53 (3 Aug 2021).
3 VSA: Gabrielle Thomas (24) 21.61 (26 Jun 2021).
4 VSA: Marion Jones (22) 21.62 (11 Sep 1998).
5 Nederland: Dafne Schippers (29) 21.63 (28 Aug 2015).
6 Jamaika: Merlene Ottey (31) 21.64 (13 Sep 1991).
7 VSA: Allyson Felix (26) 21.69 (30 Jun 2012).
8 Duitsland: Marita Koch (22) 21.71 (10 Jun 1979) / Heike Drechsler (21) 21.71 (29 Jun 1986).
9 Jamaika: Grace Jackson-Small (27) 21.72 (29 Sep 1988) / VSA: Gwen Torrence (27) 21.72 (5 Aug 1992).
10 Duitsland: Marlies Göhr (26) 21.74 (3 Jun 1984) / Jamaika: Veronica Campbell-Brown (26) 21 Aug 2008 / Bahamas: Shaunae Miller-Uibo (25) 29 Aug 2019.
SÓ HET MBOMA VANJAAR DIE 200 AS 18-JARIGE VEROWER:
1 29 Mei, Pretoria (22.73) 1ste.
2 7 Junie, Praag (22.67) 1ste.
3 19 Junie, Madrid (22.79) 1ste.
4 2 Augustus, Tokio, Olimpiese uitdun (22.11) 1ste.
5 2 Augustus, Tokio, Olimpiese semifinaal (21.97) 2de.
6 3 Augustus, Tokio, Olimpiese finaal (21.81) silwer.
7 20 Augustus, Nairobi, o.20-wêreldkampioenskap uitdun (23.23) 1ste.
8 20 Augustus, Nairobi semifinaal (22.41) 1ste.
9 21 Augustus, Nairobi finaal (21.84) goud.
10 3 September, Brussels Diamantliga (21.84) 1ste.
11 9 September, Zürich, Diamantliga-finaal (21.78) 1ste.
13 14 September, Zagreb, Kroasië (22.04) 1ste.
14 18 September, Nairobi (22.39) 1ste.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie