Katima die beloning vir top agt
Vlugbal
Die eerste ronde van Bank Windhoek en die Namibiese Vlugbalvereniging (NVV) se 2017 bekerkompetisie is die afgelope naweek by The Dome in Swakopmund afgehandel waaraan 12 mans- en 12 vrouespanne deelgeneem het.
Met 'n totaal van N$46 000 in prysgeld wat vir die klubs op die spel is en deur individuele pryse ondersteun word, was die spanne angstig om goed op die baan te vaar. Boonop was beperkte plekke in die kwarteindronde vir die wenners en naasbestes beskikbaar waar hulle op 16 en 17 September op Katima Mulilo op die baan stap.
Drie spanne elk het in die vier groepe meegeding het, terwyl al die wedstryde in vyf stelle gespeel is.
Vir die verdedigende kampioen in die mansafdeling, Khomas Nampol, was die eerste ronde 'n redelike maklike uitstappie om al sy kragmetings te wen. Die span van Unam Katima Mulilo skakel sy kompetisie uit om seker te maak 'n plaaslike klub is ook deur in die kwarteindronde op tuisbodem.
Die klubs wat in die kwarteindstryd gaan speel:
Mans: Groep A: Vloot A, Six Star. Groep B: NamPower, Erongo Nampol. Groep C: Weermag, Unam Katima. Groep D: Khomas Nampol, Eleven Warriors.
Vroue: Groep A: Weermag, Oshana Nampol. Groep B: Oshikoto Nampol, Toxic Serves. Groep C: Khomas Nampol, Rundu Chiefs. Groep D: SKW, Unam Vipers Rundu.
Nadat die kwarteindronde afgehandel is, sal die wenners van elke groep op Saterdag 30 September in Windhoek in die semifinaal kragte meet alvorens die onderskeie wenners van die mans- en vroue-afdeling mekaar in die eindstryd pak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie