Katima moedeloos oor wanbetaling
Die stadsraad van Katima Mulilo sê slegs diegene wat nie met die plaaslike owerheid onderhandel nie, sal aan 'n skuldinvorderaar oorhandig word.
Kenya Kambowe op Rundu
Katima Mulilo se uitvoerende hoof, mnr. Rafael Liswaniso, sê die dorpsraad is besig om die dienste van 'n skuldinvorderaar te verkry wat die taak het om meer as N$140 miljoen in te samel wat aan dié plaaslike owerheid verskuldig is.
Liswaniso het Woensdag in 'n onderhoud met ons susterkoerant Namibian Sun gesê inwoners skuld die plaaslike owerheid N$98 miljoen vir dienste wat reeds gelewer is.
'n Beraamde N$45 miljoen is deur inwoners verskuldig wat nog nie vir toegekende erwe betaal het nie. Volgens hom dateer dié skuld terug tot 2009.
Hy sê slegs diegene wat nie met die plaaslike owerheid onderhandel nie, sal aan die skuldinvorderaar oorhandig word.
“Ons het 'n brief voorberei om skuldinvorderaars se belangstelling te toets, omdat ons ons debiteure in kategorieë moes plaas. Ons wil nie hê die skuldinvorderaars moet direk met almal werk nie. Ons het diegene met wie ons onderhandel, wat ons voel ons aan boord moet bring. As ons dit nie regkry nie, sal ons dit aan die skuldinvorderaar oorhandig.”
Hy het bygevoeg hulle konsulteer met ondernemings wat baie skuld het, maar indien hulle nie suksesvol is nie, sal die skuldinvorderaar oorneem.
“Ons sal by die inwoners en individuele huishoudings sit en reëlings tref totdat die persoon se skuld afbetaal is. Daar is daardie skuld wat nie deur die plaaslike owerheid se meganismes verhaal kan word nie, en daarom het ons iemand met meer doeltreffende meganismes nodig om vooruit te beweeg.”
COVID-19-UITDAGINGS
Liswaniso het gesê ondanks die raad se plan om van die dienste van 'n skuldinvorderaar gebruik te maak, is die plaaslike owerheid bewus van Covid-19 se impak op die gemeenskap.
Hy het bygevoeg broodwinners gaan van die dodelike virus dood en mense het hul werk verloor. Volgens hom sal die raad kyk hoe hulle diegene met geen inkomste kan help.
“Dit is baie moeilik om die situasie tydens Covid-19 te handhaaf,” het Liswaniso bygevoeg.
NAMWATER-SKULD
Katima Mulilo skuld NamWater sowat N$24 miljoen.
Die plaaslike owerheid het, volgens Liswaniso, 'n ooreenkoms met die nasionale watervoorsiener aangegaan om 30% van die geld wat gebruik word om voorafbetaalde water te koop, direk aan NamWater te betaal.
Verskeie plaaslike owerhede soos Rundu, Outapi en Windhoek het hulle tot skuldinvorderaars gewend om geld te verhaal wat deur verskillende belanghebbendes verskuldig is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie