Katima-vullishoop word vullisberg

Die dorpsraad is raadop ná 'n verdagte vullisverwyderingstender gehalt is.
Augetto Graig
font face="Verdana" >



Augetto Graig - Rommel is besig om in Katima Mulilo se strate op te hoop ná ’n stokkie voor die dorp se verdagte toekenning van 'n winsgewende vullisverwyderingskontrak deur ’n verkrygings-beoordelingspaneel gesteek is.

Mnr. Chrispin Muyoba, woordvoerder vir die Katima Mulilo-dorpsraad, het bevestig vullis is op 1 Oktober laas op dié dorp verwyder.

Volgens Muyoba behels die raad se gebeurlikheidsplan om plaaslike besigheidseienaars en inwoners om hul vrywillige hulp te vra.

“As jy 'n bakkie by jou huis het, hoe kan jy nog met die gemors saamleef?” het hy gevra.

Muyoba het erken die dorpsraad besit ook bakkies, maar 'n tekort aan personeel en die dorp se grootte vertraag pogings om die probleem tydelik op te los.

“Ons het almal se hulp nodig en ons het self ook begin,” het hy gesê.

Die proses om 'n nuwe tender vir vullisverwydering toe te ken, sal amptelik weer met die advertensiefase afskop, het hy gesê.

Volgens Muyoba sal dit minstens drie tot vier maande neem om 'n nuwe kontrakteur aan te stel.

'n Nuwe diensverskaffer sal die dorp egter nie heeltemal uit sy verknorsing red nie, het hy gesê.

Die munisipale stortingsterrein is in Augustus reeds ongeskik verklaar.

Die ministerie van die omgewing en toerisme het aan die dorpsraad geskryf en aangedring dat dié gerief voor 26 Oktober gesluit word.

Volgens plaaslike beriggewing het mnr. Raphael Liswaniso, Katima Mulilu se uitvoerende hoof, mnr. Pohamba Shifeta, die minister van die omgewing en toerisme, toe versoek om die dorp toe te laat om met die storting van vullis by die stortingsterrein voort te gaan.

Dít omdat die dorpsraad nie daarin kon slaag om 'n alternatiewe perseel hiervoor te verseker nie.

Die dorpsraad het in 2016 glo al besluit om die stortingsterrein te verskuif omdat dit naby Katima Mulilo se Unam-kampus en die Zambezi-beroepsopleidingsentrum (VTC) geleë is.

Studente van beide instansies het in die verlede al tevergeefs optogte gehou om op die verwydering van die vullishoop aan te dring.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!