Katiti: u2018Ek is nooit skuldig bevindu2019
Katiti: u2018Ek is nooit skuldig bevindu2019

Katiti: ‘Ek is nooit skuldig bevind’

Henriette Lamprecht
Die raad van die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP) het hom nooit skuldig bevind op enige van die klagtes wat teen hom ingedien is nie.

Ook sê mnr. Augustinus Katiti sy dissiplinêre verhoor is nooit afgehandel nie en is hy ook nooit ‘n regverdige kans gegee om homself te verdedig nie.

Katiti het gereageer op ‘n mediaverklaring deur die NIP wat volgens hom gekies het om “lasterlike aantygings te publiseer, terwyl dit die publiek en aandeelhouers met valshede en doelbewuste wanvoorstellings mislei”.

Volgens Katiti is dit totaal “irrasioneel en onverstaanbaar” vir ‘n raad om ‘n werknemer oor bewerings van sogenaamde “ernstige misstappe” te skors en dan “geslepe en baie stil” besluit om te skik.

“Die enigste logiese verduideliking is dat die raad geen saak het nie en deeglik bewus daarvan is dat die werknemer nie aan enige misstappe skuldig is nie en ‘n sterk saak het om sy onskuld te bewys,” het hy gesê.

Hy verwys in ‘n verklaring na die toekenning van kontrakte en sê die rekenpligtige beampte het steeds die wetlike gesag om enige voorstel goed of af te keur – iets wat hy gedoen het.



Volgens Katiti is slegs die rekenpligte beampte deur die wet bemagtig om wettige goedkeurings te doen en om kontrakte toe te ken en ooreenkomste te teken.

Volgens Katiti het die NIP se raad van direkteure besluit om betalings aan ‘n maatskappy te staak wat “uiters belangrike en noodsaaklike kuberveiligheidsdienste verskaf het”.

Die betaling was vir US$136 324.

Hy verwys voorts na die NIP se woordvoerder, mnr. Frans Kwala, wat erken het twee bedieners is deur ‘n kuberaanval getref, wat “suksesvol verwyder” is.

Tog beweer die raad volgens Katiti sy bewerings oor ‘n kuberaanval op NIP-bedieners het geen grondslag nie.

Hy sê die raad is wanfunksioneel en sê ‘n funksionerende raad maak nie sy inligtingstelsels kwesbaar deur vertroulike stelselverwante inligting in ‘n openbare mediavrystelling te publiseer nie.

“Die raad gaan voort met die betaling van vyf geskorste uitvoerende hoofde en ‘n waarnemende uitvoerende hoof se betalings vir byna ‘n jaar. ’n Vaardige raad wat goed funksioneer sou roetine dissplinêre verhore binne drie maande afgehandel het. Hoe neem ‘n raad byna ‘n jaar om sy saak te bewys as die ondersoeke waarvolgens die hoofde geskors en aangekla is reeds in Augustus en September 2016 voltooi is?”

Volgens Katiti is die ouditverslag waarop die raad staatgemaak het om senior hoofde te skors deur ‘n werknemer met slegs ‘n graad 12-kwalifikasie en geen vorige ouditondervinding voorberei.

Ook het die raad ‘n professionele ouditfirma meer as N$1 miljoen betaal om ‘n forensiese oudit te doen, maar “eenvoudig versuim” om die bevindings van die verslag in die voortgestte dissiplinêre verhore te gebruik.

Met verwysing na die NIP se bewering dat “ampsmisdrywe” uit sy geledere verwyder is, wil Katiti ook weet wat dié misdrywe is en wil dit volgens hom lyk of die raad die vyf geskorste hoofde reeds skuldig bevind het voor die dissiplinêre verhore afgehandel is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!