Katjavivi vra gedenksentrum
Catherine Sasman
Namibië se geskiedenis, van die koloniale tydperk af tot vandag, moet behoorlik gedokumenteer word en toeganklik wees in die vorm van 'n gedenksentrum vir die historiese volksmoord.
Só het prof. Peter Katjavivi onlangs tydens 'n lesingreeks by die Sentrum vir Studies oor Volksmoord en Godsdienstige Minderhede (HL-SENTERET) in Oslo, Noorweë gesê.
Hy het gesê 'n gedenksentrum sal help om die nageslag bewus te maak van die geskiedenis en hulle meer bedag daarop maak dat gruwelikhede soos die volksmoord nooit herhaal moet word nie.
Katjavivi het van die geleentheid gebruik gemaak om die HL-SENTERET te vra om Namibië te help om só 'n gedenksentrum 'n werklikheid te maak. Hy het gesê die Namibiese en Duitse regerings se onderhandelinge oor die volksmoordkwessie behels die bespreking van 'n amptelike verskoning van Duitsland aan Namibiërs, asook besprekings oor hoe die Duitse regering geaffekteerde Namibiërs sal vergoed.
“Hierdie is komplekse kwessies wat toewyding en opregtheid verg om 'n deurslaggewende oplossing te vind. 'n Oplossing is noodsaaklik vir beide Namibië en Duitsland om die wonde van die verlede te genees,” het Katjavivi gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie