Katjie van die vloer
Dié terapeut word deur inwoners gevoer en het slaapmandjies in verskeie kamers.
Tanja Bause – Sedert die begin van Augustus kraai ’n kat koning in ’n aftreeoord in Windhoek.
Tinkerbell is deesdae katjie van die baan by Eros Manor se hulpverleningsvloer vir bejaardes nadat sy personeel en inwoners se harte gesteel het.
Volgens me. Fran Taylor, besturende direkteur van die oord, is dié nuwe inwoner se intrek te danke aan ’n Britse vrou wat vroeër ’n pasiënt by die Paramount-gesondheidsorgsentrum was.
Sy het besoek aan die hulpverleningsvloer vir bejaardes afgelê en Taylor van troeteldierterapie vertel.
“In Engeland is troeteldierterapie algemeen. Die vrou het ’n kat gehad wat na ’n nuwe huis op soek was, en ons het besluit om dit te probeer,” het Taylor gesê.
Tinkerbell het vir ’n proeftydperk by die oord ingetrek en haarself om die beurt by drie inwoners tuisgemaak.
Volgens me. Sharlene Bergh, wat met pasiënte met Alzheimer se siekte en dementia werk, maak Tinkerbell ’n groot verskil in dié inwoners se lewens.
“Tinkerbell sal nooit by gesonde mense gaan lê nie. Sy ignoreer hulle en bestee haar aandag aan mense met Parkinson of Alzheimer se siekte,” het sy gesê.
“Een van die vroue by wie Tinkerbell kuier, is me. Catrien Hugo, wat Parkinson se siekte het. Wanneer sy vir Tinkerbell streel, hou sy op bewe en raak rustig. As sy emosioneel voel, kom Tinkerbell onmiddellik by haar lê. Minute later is sy ontspanne en is haar aandag afgelei,” het Bergh gesê.
Tinkerbell word deur inwoners gevoer en het slaapmandjies in verskeie kamers.
“Catrien het selfs ’n sandboks vir haar in haar kamer gesit. Sy het ook gevra dat ek Tinkerbell se naam op haar deur vasplak sodat almal weet dit is eintlik Tinkerbell se kamer.”
Hugo sê: “Tinkerbell is vir my baie belangrik en ek is mal oor haar. Ek het nog nooit vantevore van troeteldierterapie gehoor nie, maar ek kan nie meer my lewe sonder haar indink nie.”
“Ons is tans die enigste inrigting wat troeteldierterapie toepas en ons is baie oop daarvoor. Ons dokter is baie beïndruk en bly daaroor,” het Taylor gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie