Katolieke plase nie te koop - biskop
Catherine Sasman
Rooms Katolieke biskop Phillip Pöllitzer van die Keetmanshoopse bisdom het beweringe ontken dat hy die sendingstasies op Stampriet en Witkrans verkoop.
Lede van die Katolieke gemeenskap het hul kommer uitgespreek aangesien hulle daarvan oortuig is Pöllitzer is in die proses om die eiendomme “op onverklaarbare wyse” aan die Namibiese sakeman Frank Damascho te verkoop, wat glo in vennootskap met ’n Suid-Afrikaanse maatskappy is.
Volgens ’n bron wat verkies om anoniem te bly, is daar 12 huishoudings wat by die Stampriet-sendingstasie woon. Die bron het ook gesê die kerk en skool sal hul deure moet sluit as die grond verkoop word.
“Waarheen moet hierdie mense gaan? Ons is ingelig daar is planne om die kerk, huise en begraafplaas op Stampriet te sloop. Die Katolieke gemeenskap wil weet wat gaan aan,” het die bron gesê.
Die Katolieke Kerk het die Stamprietplaas (5 000 ha) en Witkransplaas (4 651 ha) in die vroeë 1990s gekoop. Volgens ’n geskiedkundige, kan enige kerklike eiendom wêreldwyd slegs met die toestemming en magtiging van die Vatikaan verkoop word.
Die bron beklemtoon egter Pöllitzer beskik nie oor hierdie magtiging nie.
Pöllitzer het verlede week gesê lank gelede was daaraan gedink om die sendingstasie op Stampriet te verkoop, en dat die bewering dat hy Witkrans wil verkoop, ’n leuen is.
Hy het bygevoeg die skool by Stampriet is reeds nege jaar gelede gesluit en dat die plaaslike Katolieke gemeenskap dorp toe gaan vir eredienste.
Dus is daar geen nut meer vir ’n Katolieke kerkgebou op Stampriet nie.
Pöllitzer betwis ook die bewering dat 12 huishoudings tans by die Stampriet sendingstasie woon. Hy het gesê slegs twee of drie huishoudings het toestemming om daar te wees en om hul kleinvee in twee kampe te laat wei.
“’n Booswig, iemand wat aan my bekend is, versprei hierdie leuens,” het Pöllitzer gesê.
Damascho het bewerings ontken dat hy en sy vennote beplan om die Stampriet- en Witkransplaas te koop. Hy het gesê hy huur die twee eiendomme reeds die afgelope tien jaar op ’n vyf jaar hernubare ooreenkoms by die kerk.
Hy het gesê hulle beplan om gesamentlik groente op ’n grootskaal op Stampriet te kweek om aan plaaslike kleinhandelaars te verkoop.
Hy wou egter nie sê wie sy Suid-Afrikaanse vennote is nie, maar wel dat die projek 300 plaaslike werkgeleenthede sal skep.
Damascho het gesê hulle tree in oorleg met hoofman Petrus Kooper van Hoachanas asook die ministerie van armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn en die voormalige adjunk eerste minister, mnr. Marco Hausiku, op om die projek se sukses te verseker.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie