Katrina binne u2018n week gevonnis
Katrina binne u2018n week gevonnis

Katrina binne ‘n week gevonnis

Elvira Hattingh
Katrina Hanse-Himarwa sal volgende week Woensdag weet wat haar lot gaan wees wanneer regter Christie Liebenberg haar vonnis oplê.

Dit volg nadat adjunk-aanklaer-generaal Ed Marondedze die hoërhof vanmiddag gevra het om die oud-onderwysminister reguit tronk toe te stuur.

Marondedze, wat die staat in die korrupsiesaak teen oud-minister Katrina Hanse-Himarwa verteenwoordig, het gesê die hof kan sy “eie diskresie” gebruik vir die lengte van die tronkstraf wat haar opgelê word en dat van daarvan ook opgeskort kan wees.

Die hof het vandag getuienis ter strafversagting en -verswaring in die Windhoekse hoërhof aangehoor nadat hy me. Katrina Hanse-Himarwa vroeër vandeesmaand aan korrupsie skuldig bevind het.

Die staat het vandag ook getuig dat Hanse-Himarwa nie heeltemal eerlik oor haar finansiële sake was nie omdat hulle oor bewyse beskik dat sy ‘n vennoot in twee visvangmaatskappye is. “Haar ministeriële salaris was dus net ‘n druppel in die emmer,” het Marondedze gesê.

Dit volg nadat Hanse-Himarwa se regsverteenwoordiger, mnr. Sisa Namandje die hof vanoggend gevra het dat sy slegs 'n boete van N$35 000 opgelê word. Indien die hof ‘n swaarder straf nodig ag, kan sy ook 'n opgeskorte vonnis ontvang, het hy voorgestel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!