Katrina-saak hervat volgende jaar
Die oudgoewerneur van Hardap skuif eers weer oor vier maande in die beskuldigdebank in die Windhoekse hoërhof in.
Denver Kisting
Die strafregtelike lot van die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, word waarskynlik eers volgende jaar bepaal.
Dít kom nadat regter Christie Liebenberg verlede week haar korrupsieverhoor tot aanstaande jaar verdaag het.
Ná twee weke en nege staatsgetuies het Liebenberg laat verlede week Hanse-Himarwa se verhoor tot Maart volgende jaar uitgestel.
Hanse-Himarwa se waarskuwing is tot haar volgende hofverskyning verleng.
Sy staan alleen tereg op een aanklag van die korrupte gebruik van haar mag nadat sy glo aan 'n lys van begunstigdes van die regering se massabehuisingskema laat peuter het.
Die beweerde gedrag spruit voort uit Hanse-Himarwa se omstrede termyn as goewerneur van die Hardapstreek.
Die staat voer aan sy het gesorg dat twee van haar familielede voorkeur kry toe die eerste besending van 19 huisies in Desember 2014 nuwe eienaars kry.
Twee mense, wat aanvanklik daardie dag hul huisies sou ontvang, het gevolglik eers later 'n dak oor hul koppe gekry.
Hanse-Himarwa het aan die begin van haar verhoor sowat drie weke gelede onskuldig gepleit.
Sy het 'n omvattende pleitverduideliking ingedien, waarin sy groot gewag daarvan maak dat haar kantoor nie die mag gehad het om 'n lys van begunstigdes te wysig nie.
Sy word deur mnr. Sisa Namandje verteenwoordig.
Adjunk-aanklaer-generaal Ed Marondedze en mnr. Salomon Kanyemba tree namens die staat op.
Tydens die twee weke wat sy stylvol in die hof verskyn het, was daar deurgaans 'n groot skare ondersteuners aan haar sy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie