Katrina uit, Fishrot in
Denver Kisting – Behalwe as pres. Hage Geingob vir haar en van die ander onsuksesvolles as sy agt nie-stemgeregtigde lede terugbring, sal me. Katrina Hanse-Himarwa nie die parlement haal nie.
Dít kom nadat Swapo in ’n geskiedkundige verwikkeling verlede week sy tweederde-houvas op die Nasionale Vergadering (NV) kwyt is.
Die regerende party het net 63 setels in die NV in verlede week se verkiesings behaal.
Hanse-Himarwa, die voormalige minister van onderwys, kuns en kultuur, was in die 82ste plek op Swapo se NV-lys.
Sy is vroeër vanjaar in die hoërhof in Windhoek aan korrupsie skuldig bevind.
Omdat sy nie een jaar se gevangenisstraf sonder die opsie van ’n boete opgelê is nie, het sy kragtens die Grondwet vir ’n plek in die NV in aanmerking gekom.
Hanse-Himarwa is met N$50 000 beboet.
Dr. Tobie Aupindi, ’n sentralekomiteelid van Swapo, is wel op pad NV toe. Hy is nommer 29 op Swapo se NV-lys.
Aupindi, die voormalige besturende direkteur van Namibia Wildlife Resorts (NWR), is vroeër in die Windhoek-landdroshof aan ’n oortreding van die teenkorrupsiewet skuldig bevind. Ook hy is nie destyds een jaar se gevangenisstraf opgelê nie.
Twee eertydse kabinetsmininisters, wat onlangs weens ’n internasionale viskwotastorm bedank het en tans in polisieaanhouding is, is ook op pad NV toe.
Mnr. Bernhard Esau, die oudminister van visserye en mariene hulpbronne, is in die 33ste plek, terwyl die oudminister van justisie, mnr. Sacky Shanghala, in die 53ste plek is.
Talle ander ministers of adjunkte het egter ook in die stof gebyt.
Hulle is onder andere mnre. Piet van der Walt, die adjunkminister in die Nasionale Beplanningskommissie (NPC), mnr. Erkki Nghimtina, die minister van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, en mnr. Veikko Nekundi, die adjunkminister van openbare ondernemings, asook me. Maureen Hinda-Mbuende, die adjunkminister van binnelandse sake en immigrasie.
Dr. Becky Ndjoze-Ojo, die adjunkminister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, mnr. James Sankwasa, die adjunkminister van werke en vervoer, me. Priscilla Boois, grondhervorming se adjunk, en hul eweknie by inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Engel Nawatiseb, moet ook alternatiewe heenkome vind.
Me. Margaret Mensah-Williams, wat onlangs as Nasionale Raad-voorsitter moes bedank om te mag staan vir die NV, het met haar 24ste posisie op die partylys haar NV-sitplek geboek.
Nadat ’n storm om Swapo se inligtingsekretaris, me. Hilma Nicanor, se kop losgebars het omdat ook sy moes bedank maar kort daarná as veteraneraadgewer weer aangestel is, se 18de plek waarborg ook haar NV-sitplek.
Die bedankings is deur ’n bepaling van die kieswet genoodsaak.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie