Katrina-verhoor in die pylvak
Dit is onbekend of die verdediging 'n aansoek om die minister se ontslag sal bring sodra die staat sy saak sluit.
Denver Kisting - Die staat sal na verwagting nog twee getuies roep voor hy sy saak teen me. Katrina Hanse-Himarwa sluit.
Die verhoor, waarin dié oudgoewerneur en hedendaagse minister van onderwys, kuns en kultuur op een klag van korrupsie teregstaan, is Woensdagoggend opnuut uitgestel.
Regter Christie Liebenberg het die verhoor tot Maandag 1 April verdaag.
Die verrigtinge is vir daardie week op die Windhoek-hoërhofrol geplaas, waarná dit na verwagting tot later aanstaande maand uitgestel sal word.
Republikein verneem adjunk-aanklaer-generaal Ed Marondedze gaan waarskynlik net nog twee getuies roep en die staat se saak dan sluit.
Hy word deur mnr. Salomon Kanyemba bygestaan.
Teen gister was dit nog nie bekend of die verdediging 'n aansoek om Hanse-Himarwa se ontslag sal bring sodra die staat sy saak sluit nie.
Tydens die oorweging van 'n aansoek om ontslag moet die hof bepaal of die staat genoeg getuienis gelei het om 'n beskuldigde op sy of haar verdediging te plaas al dan nie.
Die minister se verdediging word deur die Windhoekse prokureur mnr. Sisa Namandje behartig.
Sy is vry op 'n waarskuwing.
Die staat voer aan Hanse-Himarwa het in Desember 2014 tydens haar ampstermyn as goewerneur glo onregmatig aan 'n lys van begunstigdes vir huise onder die massabehuisingskema laat peuter om twee van haar familielede te laat voordeel trek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie