Katti gee huurverligting
Inwoners betwis nog Kombat Village Properties se reg tot huurgelde en die bevindings van ’n komitee is steeds uitstaande.
Augetto Graig - Die miljoener mnr. Knowledge Katti van Kombat Village Properties het Sondag (26 April) gesê die inwoners van Kombat hoef nie huur vir twee maande te betaal nie.
Dié verligting is vir die maande van April en Mei en is in reaksie tot die uitbreking van Covid-19 in Namibië en die noodtoestand en gevolglike inperking wat die regering aangekondig het.
Katti beweer hy is die eienaar van die dorp.
Nie alle Kombat-inwoners stem egter met Katti saam nie.
Hulle betwis die geldigheid om huur aan Kombat Village Properties te betaal.
Op 22 November verlede jaar het ’n hof gelas sekere huurkontrakte op Kombat mag gekanselleer word, uitsettingsbevele mag op inwoners beteken word en sekere kostes mag geëis word.
Landdros McLean M. Handjaba op Otavi het Kombat Village Properties se eise teen vyf Kombat-inwoners toegestaan.
Dié vyf het sedertdien appèl in die hoërhof teen die besluit aangeteken.
“Die mense daag die bevel uit en hulle betaal nog steeds nie. Niks het verder gebeur nie,” sê een van die betrokke inwoners.
Die kwessie oor die eienaarskap van Kombat is laas jaar onder die Namibiese ombudsman, adv. John Walters, se aandag gebring.
Hy benader die kwessie uit ’n oogpunt van grondwetlike menseregte en spesifiek die reg tot verblyf in Namibië.
“Dit is ’n saak tussen private persone,” brei hy uit en voeg by, “ek het nie jurisdiksie oor mnr. Katti nie.”
Nogtans het Walters dit onder die aandag van die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling gebring, aangesien Kombat in die Staatskoerant no. 16 van Augustus 2006 as ’n amptelike nedersetting geproklameer is.
“Hoe is dit moontlik dat die grond aan ‘n private individu behoort,” vra Walters.
“Ek weet nie wie die werklike eienaar van Kombat is nie,” sê die ombudsman na hy ook nie titelaktes van betrokke huise onder spesifieke inwoners se name kon opspoor nie.
Die kwessie is na ’n komitee bestaande uit amptenare van die ministerie van myne en energie, die prokureur-generaal se kantoor, en die goewerneur van die Otjozondjupastreek, onder voorsitterskap van mnr. Chris Nghaamwa, hoof van regsadvies in die kantoor van die prokureur-generaal, verwys.
Nghaamwa het Dinsdag (28 April) bevestig die komitee se besluit is hangend, maar wou nie verder uitbrei nie.
Intussen sê Kombat Village Properties se bestuurder, mnr. Charlie Dawid, hulle oorweeg finansiele ondersteuning vir Kombat-inwoners en die nabygeleë New Sommerau-nedersetting.
Vrywilligers word ook ingespan om die gemeenskap te help, sê hy.
Werkloses in die twee gemeenskappe sal veral ondersteun word, sê Dawid.
Studente by die Welwitchia-universiteit se Kombat-kampus is ook kwytgeskeld van huurbetaling vir April en Maart.
Intaka Technologies sal noodsaaklike materiaal en ander ondersteuning vir die Kombat-kliniek in te samel.
Katti wat die uitvoerende hoof van Intaka is, het ook ‘n mobiele suurstofmasjien noodsaaklik vir suurstofterapie geskenk, sê Dawid.
“Ons wil ons sterkpunte, ons vaardighede en ons talente gebruik om ons gemeenskappe te help en die ekonomiese en sosiale impak te help versag. Ons doen dit deur al ons gesamentlike pogings te versterk, om te doen wat ons kan doen en om ons werknemers, studente en gemeenskappe tydens tye van nood te ondersteun,” sê Katti.
Katti hoop om saam met vennote deur die Kombat Gemeenskap Trust noodhulp ter waarde van N$100 000 aan die gemeenskap te bied. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie