Katti skryf skuld af
Katti skryf skuld af

Katti skryf skuld af

Gerine Hoff
Otis Finck



Knowledge Katti het aangekondig hy gaan Kombat-inwoners se historiese skuld van N$400 000 vir water

en krag afskryf. En hy het.

Kombat se woordvoerder, mnr. Charlie Dawid, het Katti se intensies bevestig en gesê alle inwoners se water- en krag­skuld is gedelg.

“Kombat is in private besit en die toevoer van basiese dienste berus by Grove Mining Namibia (Pty) Ltd.

“Om hierdie rede is 'n besluit geneem om alle historiese skuld vir water en krag af te skryf. 'n Nuwe rekeningsiklus het op 30 Desember 2016 begin en inwoners kon sonder water- en krag­skuld begin.

Dit het 'n direkte impak op meer as 110 huishoudings in Kombat en meer as 1 300 mense wat op die ­hervestigingsplaas in die area woon.”

Oom Simon, 'n bejaarde­ inwoner wat al meer as 25 jaar op Kombat woon, het gesê hy het nog nooit só iets beleef nie. “Dis 'n groot verligting.”

'n Graad 6-leerling, Selma Fillipus, het ook die aankondiging ­ verwelkom. “Ek is verheug. Ons ouers het nie werk nie en kan nie die geld betaal nie.”

Dawid het voorts verduidelik die Kombat-gemeenskapstrust is gestig as deel van Grove Mining se maatskaplike verantwoordelikheidsprogram.

Hulle oorweeg maniere om inwoners van die dorp te help om toegang tot dienste soos water, krag en sanitasie te bekom.

“Ons sien dit nie as 'n verlies nie, maar eerder as 'n bydrae om die sosio-

ekonomiese las van die gemeenskap te verlig. Ons doen 'n beroep op die regering om betrokke te raak en hierdie basiese toevoer via Cenored, NamWater en NamPower,­ oor te neem,” het Katti gesê.

Katti is die eienaar van Grove Mining Namibia, die maatskappy wat Kombat in 2015 na bewering vir N$50 miljoen gekoop het.

Volgens Katti hersien sy maatskappy ook verskillende beleggingsvoorstelle, insluitend bloubessieboerdery en ander wat werk vir die gemeenskap sal

skep. Die doel is om werk te skep wat hulle sal toelaat om huise in die area te bou.

“Ons ondersoek ook die beste manier om die skoolgebou en die grond waarop dit geleë is, aan die leerlinge van die Primêre Skool Kombat via 'n skoolontwikkelingstrust te skenk, met trustees wat deur die ­ministerie van onderwys, kuns en kultuur aangestel sal word. Die doel is dat leerlinge dit aan die regering verhuur en die inkomste wat daaruit spruit gebruik word om leerlinge se behoeftes te dek.”

Katti het ook 'n besluit aangekondig om grond en geboue aan die Kombat-kliniek te skenk.

Kombat is 37km oos van Otavi op die B8 na Grootfontein en het op 'n stadium meer as 1 000 inwoners gehad.

Ná die Kombat-myn in 2007 oorstroom het, het die dorp leeggeloop.

Benewens koper, is daar ook noemenswaardige lood- en silwerneerslae en die myn is bekend vir 'n wye verskeidenheid ­minerale.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!