Katutura nou aanlyn beskikbaar
Katutura nou aanlyn beskikbaar

Katutura nou aanlyn beskikbaar

Lloyd Zandberg
Die gewilde, oorspronklike, Namibiese fliek Katutura is nou aanlyn beskikbaar.

Die fliek kan onder meer op Amazon, iTunes en Google Play bekom word.

Nou kan die hele wêreld na die fliek kyk en briljante Namibiese talent waardeer.

Ná sy bekendstelling in 2015, het Katutura plaaslik soos ‘n veldbrand versprei en by talle feeste wêreldwyd opslae gemaak.

Die fliek het sewe toekennings by verlede jaar se Namibiese Film- en Teatertoekennings ingepalm.

Verlede jaar is die DVD vrygestel en die fliek is in Augustus vanjaar ook in Frankfurt, Duitsland, bekend gestel.

Dit is een van die grooste projekte wat die Namibiese film- en teaterbedryf al ooit gesien het.

Diegene wat nie toegang tot hoëspoed-internet het nie, kan die DVD by Streethouse-winkels aanskaf, of deur Katutura se Facebook-blad, facebook.com/katuturathemovie, bestel.

Katutura volg 'n groep karakters teen die agtegrond van die lewe in 'n informele nedersetting.

Dangi, ’n voormalige gevangene wat ’n wetsgehoorsame lewe lei, maar 'n buite-egtelike seun het waarvan sy vrou nie weet nie, se lewe word in Katurura ontbloot.

Die bendelid Shivago ondersoek 'n nuwe mark waar hy dwelms kan verkoop.

Kondja, 'n tiener in 'n rolstoel wat straatkinders help en vir die eerste keer verlief raak, se storie word ook vertel.

Al die karakters se paaie kruis op beide opbouende en brutale maniere.

Katutura se regie is deur Florian Schott behartig en Obed Emvula het die fliek deur middel van sy maatskappy Tulinane Entertainment vervaardig.

Emvula en Schott is tans in die ontwikkelingsfase van hul volgende fliek.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!