Kaumbi veg vir NHE-pos
Catherine Sasman
Mnr. Uazuva Kaumbi, senior bestuurder van tegniese dienste en eiendomsbestuur by die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE), het verlede Vrydag ’n dringende aansoek by die arbeidshof ingedien om die aanstelling van mnr. Gisbertus Mukulu as die instelling se nuwe hoof uitvoerende beampte te stop.
Kaumbi sê in sy aansoek Mukulu se aanstelling kan nie plaasvind alvorens ’n interne arbeidsgeskil wat hy met NHE aangegaan het, uitgeklaar is nie.
Die NHE het aan die begin van die maand Mukulu se aanstelling met ingang van 1 Julie bevestig.
Kaumbi het verlede Oktober ’n interne grief by die departement van menslike hulpbronne ingedien oor die omstrede besluit van die NHE-direksie om nie bestaande personeel vir die toppos te oorweeg nie.
Die voorsitter van die NHE-direksie, mnr. Sam Shivute, het in dieselfde maand op ’n vergadering met Kaumbi en die waarnemende NHE-hoof, mnr. Elton !Gaoseb, gesê die direksie en die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling het vertroue in die NHE-bestuur verloor.
Op dié vergadering het Shivute ook gesê slegs ’n interdik kan die werwingsproses vir ’n nuwe hoof stop.
Kaumbi het teruggekap dat geen bewyse bestaan dat die ministerie vertroue in die bestuur verloor het nie.
Hy het voet by stuk gehou dat die opskorting van die massabehuisingsprojek op beweringe van onreëlmatighede en oordrewe huispryse gebaseer is.
Kaumbi sê bourekenaars wat deur die regering aangestel is, het vasgestel dat die huispryse markverwant is en dat geen korrupsie in die uitvoering van die massabehuisingsprojek bewys is nie.
In sy dringende aansoek by die arbeidshof voer Kaumbi aan dat die weiering om interne kandidate te oorweeg wat aan die minimum vereistes vir die toppos voldoen, ’n eensydige verandering van sy diensvoorwaardes is.
“Die besluit is onredelik en onregverdig, want dit is geneem sonder enige feite wat verband hou met my werksprestasie en kwalifikasies,” het hy gesê. Hy het bygevoeg die NHE-direksie se besluit is op aannames en spekulasie gegrond.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie