Kavanaugh se aanstelling bekragtig
Kavanaugh se aanstelling bekragtig

Kavanaugh se aanstelling bekragtig

Sy aanstelling gee pres. Donald­ Trump se pogings 'n groot ­hupstoot om die hoogste hof in konserwatiewe hande te kry.
Regter Brett Kavanaugh, pres. Donald Trump se nominasie vir die hoogste hof in Amerika, se aanstelling is Saterdagaand bekragtig met 50 stemme teenoor 48.

Dít ondanks bewerings van onbehoorlike seksuele gedrag teen hom en kritiek op sy karakter en temperament.

Ná weke van intense debat oor die kwessie het die konserwatiewe appèlhofregter Vrydag die noodsaaklike steun van twee senators gekry wat sy teenstanders se pogings om hom uit die pos te hou, gestuit het.

Die finale stemming was Saterdagmiddag terwyl honderde betogers by die hoogste hof in Washington byeengekom het. Kavanaugh se aanstelling gee Trump se pogings 'n groot hupstoot om die hoogste hof in konserwatiewe hande te kry.

Kavanaugh is goeie nuus vir konserwatiewes in verdelende sake soos aborsie, immigrasie, transgender-regte en sakeregulasie. Hy gee Trump ook die geleentheid om voor die verkiesing vir die kongres op 6 November te kan sê hy het sy verkiesingsbelofte gestand gedoen dat hy die Amerikaanse regstelsel konserwatiewer gaan maak.

Bewerings van onbehoorlike seksuele gedrag dekades gelede is teen Kavanaugh gemaak deur prof. Christine Blasey Forde en nog twee vroue. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!