Kavango: Kommer oor diere sonder papiere
Kavango: Kommer oor diere sonder papiere

Kavango: Kommer oor diere sonder papiere

NAMPA
Die polisie in die Kavangostreek is bekommerd oor ’n toename in die beweging van vee in die streek – nie net tussen nedersettings nie, maar ook van ander streke af daarheen.

Die streekbevelvoerder in Kavango-Wes, komm. Josephat Abel, sê daar is van die begin van die jaar af 'n toename in troppe vee wat, vermoedelik weens die droogte, in die streek geskuif word.

Wat hom bekommer, is dat die diere sonder die nodige dokumentasie verskuif word.

Hy het ‘n beroep op boere gedoen om aan die Veediefstalwet nr. 12 van 1990 gehoor te gee.

Ingevolge dié wet mag geen persoon vee of produkte skuif of vervoer indien hulle nie die vee se eienaar is nie – tensy hulle in besit is van ‘n sertifikaat van die eienaar met al die nodige inligting daarop.

Die vereistes is nie net op veewagters en plaaswerkers van toepassing nie, maar ook op eienaars, sê Abel.

Hy het bygevoeg ‘n uitsondering kan gemaak word indien die bewegingsertifikaat uitgereik is deur ‘n polisiebeampte met ‘n rang hoër as dié van ‘n sersant, ‘n vee-inspekteur of die persoon by wie die diere gekoop is.

Laasgenoemde moet ‘n vaste adres verskaf.

“Sommige vee-eienaars het nie ook nie hul diere volgens regulasies met oorplaatjies of veebrandmerke gemerk nie. Dit maak die beheer van vee en ondersoeke deur die toepaslike owerhede moeilik,” het hy gesê. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!