Kavekotora is nuwe RDP-president
Mnr. Mike Kavekotora is Sondag as die nuwe president van die Rally for Democracy and Progress (RDP) aangewys.
Hy het mnr. Kandy Nehova en me. Mariam Hamutenya by die party se verkiesingskongres verslaan.
Altesaam 625 afgevaardigdes het by die Ramatex-kompleks in die hoofstad vergader, met 490 afgevaardigdes wat in die marathonstemsessie vanaf laat Saterdag tot Sondagoggend gestem het.
Kavekotora het die meerderheidstemme van 243 (51,1%) verwerf, gevolg deur Nehova, die voormalige voorsitter van die Nasionale Raad, met 133 en Hamutenya met 100 stemme. Daar was 14 bedorwe stembriewe.
“Ek verseker almal dat vanjaar anders in die Namibiese politieke landskap gaan wees. Nadat ek oor die eerste hekkie oor is, is my oë nou op die presidentskap gerig. Ek gaan Staatshuis toe,” het Kavekotora gesê.
Op die vraag oor hoe ambisieus sy droom is om dit te realiseer, het hy gesê: "Ons gaan 'n strategie saamstel. Ons gaan na elke uithoek van die land om te bewys dat die regerende party wat betref dienslewering en die drome van die Namibiese mense gefaal het."
Die veteraanpolitikus Nehova meen die interne ververkiesingsproses was demokraties.
“Nou gaan ons ernstig met ons veldtog vir die Nasionale Vergadering en presidentsverkiesing begin. Ek ondersteun Kavekotora volkome. Hy is nou ons president en ek hoop hy sal ons tot 'n oorwinning lei,” het Nehova gesê.
Mnr. Kennedy Shekupakela is as visepresident aangewys, maar hy het nie met 'n volstrekte meerderheid van 51% en meer van die stemme gewen nie. Shekupakela het 231 stemme gekry, gevolg deur mnr. Heiko Lucks met 137 stemme, mnr. Tjinezuma Kavari met 76 en mnr. Eino Heelu met 32 stemme.
Lucks het egter ter syde gestaan en sy stemme aan Shekupakela gegee wat dit op 368 gebring het.
Me. Brunhilde Cornelius is as die nuwe sekretaris-generaal verkies met me. Agnes Limbo as die adjunk-sekretaris-generaal. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie