Kawana besoek die visbedryf
Kawana besoek die visbedryf

Kawana besoek die visbedryf

Die minister het erken daar moet ingehaal word op agterstande wat Covid-19 op werking in die visbedryf teweeg gebring het.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die minister van visserye en mariene hulpbronne, dr. Albert Kawana, was die naweek by die kus, waar hy met vakbondleiers en die sakelui van die visvangbedryf beraadslaag het.

Net ses maande sedert sy aanstelling op 21 Maart om die ministerie se leisels by die beleërde Bernhard Esau oor te neem, was Kawana vir die eerste keer sedert die coronavirus-inperkings fisies teenwoordig.

“Covid-19 het onherstelbare skade aan die visvangbedryf aangerig en ook die uitvoering van my funksies belemeer. Gevolglik is verskeie kwessies nou lank uitstaande,” het hy erken.

Kawana het die vissermanne verseker van tydige toekenning van visvangkwotas in die vervolg. “Met die begin van die nuwe stokvis seisoen op 1 November, vanaf dag een, sal daar gevang kan word,” sê hy.

Volgens Kawana was meer as 100 visvangmaatskappye in die verlede van kwotas voorsien deur middel van Fishcor se visregte, vir wie mense nou met die Fishrot-skandaal verbind, sê hy.

Kawana sê hy moes verseker veral groter maatskappye, wat gesamentlik meer as 7 000 werknemers in diens neem, het nou visvangregte. Hy sê kwotas kan nie volgens die wet toegeken word aan maatskappye sonder regte nie. Van nuwe aansoekers is die groot meerderheid reeds van hul toekennings ingelig, sê die minister. Hy sal aan die kabinet verslag doen en dit daarna in die openbaar aankondig.

Oor die onlangse nasionale viskwotaveiling sê Kawana: “Ek moes hieroor raadpleeg en ek het laat weet die visvangbedryf was teen die veiling gekant. Ons het sedertdien goeie voorstelle vanuit die visbedryf ontvang oor hoe om die situasie in ’n vriendskaplike manier te benader, en ook vanaf die vakbondleierskap.

“Vir monnikvis is amper alles verkoop; daar is net nog 92 ton beskikbaar. Die marsbankerbedryf word benader en ons het reeds geskrewe kommunikasie. Dié kwotas is nog daar, hulle sal steeds geld maak.

“Vir stokvis het die seisoen op 30 September gesluit, maar die vis is nie verlore nie, en hulle sal nog meer produseer. Ons het die proses wat begin was nou gekanselleer en sal nou ’n nuwe prosedure moet aanneem,” sê hy.

Kwessies wat sakelui onder die minister se aandag gebring het, sluit in die gewig van verskeie kategorieë waarop visvangmaatskappye in terme van die nuwe telkaartstelsel beoordeel sal word. Dié kwessie is deur mnr. Matti Amukwa, voorsitter van die Konfederasie van Namibiese Visseryeverenigings (CNFA), geopper.

Mnr. Peter Pahl van die stokvisvereniging sê sy nywerheid het ’n moeilike jaar oorleef. Mnr. Peter Carlson sê namens die marsbankervereniging hulle is die grootste slagoffers van onwettige visvangste, terwyl mnr. Peya Hitula sê monnikvissermanne bly steeds bedrywig.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!