Kawana, visbedryf vergader volgende week
Die visbedryf, wat met talle komplekse kwessies worstel, se hoop is op 'n vergadering volgende week met visseryeminister Albert Kawana.
Ronelle Rademeyer – Die minister van visserye en mariene hulpbronne, dr. Albert Kawana, besoek die Erongostreek volgende week waar hy met die visbedryf oor verskeie brandpunt-kwessies sal vergader.
Kawana het mnr. Matti Amukwa, voorsitter van die Konfederasie van Namibiese Visvangverenigings, Dinsdag per brief van sy voorgenome besoek van 3 tot 7 Maart in kennis gestel. Hy sê vanweë die aard van die kwessies, sal hy vergesel wees van afgevaardigdes van die ministeries van finansies, die omgewing, bosbou en toerisme, asook die Nasionale Beplanningskommissie.
Hy het 'n beroep op die bedryf gedoen om voor die tyd skriftelike voorleggings te maak oor die kwessies wat bespreek moet word.
Vismaatskappye met groot aanlegte waar aanlandige verwerking gedoen word, is toenemend gegrief oor die kwotaverdeling tussen aanlandige verwerkers en maatskappye met fabrieksbote wat die vis aan boord vries en uitvoer.
Mnr. Jason Angala, voorsitter van die Vereniging vir Aanlandige Maasbankerverwerking, het op 28 Januarie vanjaar aan pres. Hage Geingob geskryf en gesê fabrieke waar aanlandige verwerking gedoen word, was in 2020 verskeie maande lank nie operasioneel nie aangesien die ministerie van visserye en mariene hulpbronne se kwota wat vir aanlandige verwerking bestem was, na kwota vir fabrieksbote omgeskakel het.
Die ministerie het volgens hom ook kwota vir fabrieksbote eksklusief aan nuwe toetreders tot die bedryf gegee, sê Angala.
Verder was die minimum kwotaprys wat tydens die regering se omstrede kwotaveiling verlede jaar vir die aanlandige verwerking van maasbanker gevra is, buitensporig hoog en onbekostigbaar vir die maatskappye wat aanlandige verwerkingsaanlegte het.
Die drie maatskappye met sulke aanlegte is die Gendev Fishing Group, Seaflower Pelagic Processing (SPP) en Tunacor.
Nog 'n kwessie waaroor hierdie vereniging Geingob om hulp gevra het, is die feit dat die isobar-beperking wat vangste tot 'n diepte van 200 meter beperk, dit vir aanlandige verwerkers se vissersbote onmoontlik maak om vanaf einde Julie tot vroeg in November vis te vang.
“Hoewel die aanlandige visverwerkingsaanlegte 'n jaarlikse kapasiteit van 155 000 ton maasbanker het, is ons vir ten minste die helfte van die jaar nie operasioneel nie,” sê Angala in sy brief aan die president. In 2020, sê hy, het hulle net 'n derde van hulle kapasiteit benut.
“Die aanlandige verwerkingsektor is kardinaal in die bereiking van die NDP5 (nasionale ontwikkelingsdoelwit 5), veral wat werkskepping en die uitwissing van armoede betref.
“Die drie aanlandige verwerkingsaanlegte het tans omtrent 1 600 mense in diens, van wie 80% in maasbankeraanlegte werk. Daarteenoor het die fabrieksbote wat die vis aan boord vries, net sowat 400 Namibiërs in diens,” sê Angala verder.
KRITIEKE NOOD
Volgens hierdie vereniging sukkel aanlandige verwerkings om vennootskappe (JV's) met nuwe kwota-toetreders te sluit “aangesien hulle 'n 'stille' belofte van die ministerie het dat hul kwota vir aanlandige verwerking, voor die einde van Maart vanjaar omgeskakel sal word na kwota vir vangste deur fabrieksbote”.
Angala deel Geingob verder mee dat hulle die ministerie vir 'n vergadering gevra het “in 'n laaste poging om die penarie waarin die aanlandige maasbankerverwerkers verkeer, reg te stel”.
Op 2 Februarie het die vereniging ook 'n brief oor sy lede se “kritieke nood” aan Kawana gestuur.
Die vereniging het dieselfde kwessies aangeroer en verder sy kommer uitgespreek oor die feit dat die twee vliegtuie en patrolliebote wat veronderstel is om die Namibiese viswaters te patrolleer en seker te maak Namibiese visbronne word nie deur buitelanders gesteel nie, “al vir jare nie in gebruik is nie”. “Ons vind dit totaal onaanvaarbaar aangesien die bedryf se heffings op datum is,” sê die vereniging.
Verder merk Angala in die brief aan Kawana op die situasie waarin aanlandige verwerkers hulle bevind, “is kompleks en tegnies” en vra daarom dat 'n uitvoerende taakspan bestaande uit kundiges aangestel word om aan die kwessies aandag te gee.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie