Keerpunt in premierliga se verhaallyn

Grootfontein verwelkom die aanwins van 'n jong Namibiese toetsstut, terwyl Wanderers voortgaan sonder Quintin Esterhuizen wat 'n nekoperasie ondergaan het.
Andrew Poolman
Andrew Poolman – Elkeen van die naweek se drie wedstryde in die Namibië Rugby-unie (NRU) se premierliga is opnuut gelaai met intrige en afwagting.

Die feit dat die agt spanne net in 'n enkelrondte meeding, laat weinig ruimte vir enige glips – en om enige opponent te onderskat, kan jou duur te staan kom.

Jacky Bock, gewese Namibiese los­skakel (2005-2010) en nou hoofafrigter van FNB Western Suburbs, besef hierdie stand van sake terdeë.

Die Khomasdallers het hul enigste ligawedstryd twee naweke gelede met 12-24 teen FNB Wanderers verloor en sal dus voel hoe die senuwees pla voordat hulle môre die onoorwonne vroeë voorloper, FNB Rehoboth, op die suidedorp gaan aanvat.

“Rehoboth ry op 'n golf en het duidelik nie al hul beste kaarte gespeel toe hulle in die voorseisoen 'n vriendskaplike wedstryd teen ons gespeel het nie (Suburbs het in Khomasdal met 40-12 gewen).

“Sedertdien het Rehoboth twee uit twee gewen – weg én tuis (teen FNB Kudus en Wanderers) – en dis duidelik ons sal met 'n goeie vertoning vorendag moet kom, want dit gaan 'n harde wedstryd wees,” sê Bock.

“Uiteraard beoog ons om te wen. Ons het geen ander keuse nie, indien ons in die wedloop wil bly en nie wil agter raak nie.”

Sy eweknie by Rehoboth, Johann Wohler, is ewe bedag op die uitdaging.

“Van Suburbs moet jy die onverwagte verwag. Hulle kan enige dag opdaag om jou deurmekaar te hardloop. Hul agterlyn is vol truuks en spelbrekers wat gate slaan en van daar af is hul afronding goed.

“Ons besef dus die belangrikheid van ons eerste lyn van verdediging en het ook aan die struktuur van ons eie aanvalle en teenaanvalle gewerk. Ons beskou hierdie een as 'n moet-wen en sal Suburbs in elke faset moet teenwerk.”

Wohler moes op haker plan maak nadat hy beide Jeandre Cloete (nekbesering) en Udo Mall (werkpligte) moes afstaan. Sy kaptein Kevin Cloete skuif dus binnetoe van stut af.

Rehoboth sou ook gisteraand 'n beslissing oor die beserings van sy agterspelers Hillian Beukes (dyspier) en Shaun Mouton, wat harsingskudding gehad het.

Indien die flank Boris Majiedt, wat teen Wanderers uitgeblink het, se enkel hom uitskakel, sal Wohler op die knoppie kan druk van Nick Kotzee, wat tevore vir Kudus en Unam gewys het hy is nie vreemd in die premierliga nie.

FNB WESTERN SUBURBS (waarskynlik): 15 Ricardo Swartz, 14 Dumarcho Hartung, 13 Morgan Esterhuizen, 12 Mbimbo Mbai, 11 Gino Wilson (kaptein), 10 Justin Nel, 9 AJ Kearns, 8 Tjingairi Katjivi, 7 Richard Mupewa, 6 Dhale Cloete, 5 Fidel Micolleney, 4 James Kisting, 3 Andreas Shikonekeni, 2 Howard Gawagab, 1 Chemigan Beukes.

Reserwes: Jason Fredericks, Marenga Tjijandjeue, Sebastian Kameya, Rowen Jansen, Biza Willemse, Geraldo Beukes, Collins Omalu.

FNB REHOBOTH: 15 Xavier van Wyk, 14 Brandon Dentlinger/ Shaun Mouton / Paulus Hangula, 13 Hillian Beukes / Brandon Dentlinger , 12 Diego Loubser, 11 Jayden Bussel, 10 Henrique Olivier (onderkaptein), 9 Ascher Coetzee, 8 Cameron McNab, 7 Francois Visagie, 6 Titus Mathews, 5 Dylan Farmer, 4 Conwill Draghoender, 3 Delano Coetzee, 2 Kevin Cloete (kaptein), 1 Grant Cloete.

Reserwes: Ludgero Hochtritt, Bennie Garab, Romario Janga, Boris Majiedt / Nick Kotze, Samile Loubser, Gurtley Beukes, Shaun Mouton / Paulus Hangula.



BULSTRYD OP GROOTFONTEIN

FNB Grootfontein het sommer in sy openingswedstryd laas naweek teen FNB Reho Falcon die enigste span sover geword wat die maksimum ses ligapunte uit 'n wedstryd kon kry, deur minstens sewe drieë te druk.

Nadat Grootfontein in 2019 die NRU eerste liga oorheers en dus besluit het om na die premierliga op te skuif, hou Unam se bestendige rugbyfabriek môre op die noordedorp sy eerste gróót toets in.

Die studentespan het ook goed uit die blokke gekom met 'n oortuigende sege teen Trustco United (19-9, drie drieë teen nul), ondanks die voortydige eindfluitjie.

Verskuiwings is genoodsaak deur die rooi kaarte wat die haker Bigman Kaura en stut Simon Kanime teen United gekry het en wat dus onkiesbaar was in afwagting op 'n tugverhoor volgende week.

“Ons verwag 'n baie fisieke wed­stryd van Grootfontein; dis hoekom Sunday (Haitembu, wat vleuel was) op skrumskakel begin om die agttal te bestuur. Aljarreau Zaahl, in die eerste wedstryd van sy lewe in die 9-posisie, het heel skaflik gevaar om uit te help vanweë beserings en toon baie belofte as 'n (gewese Namibiese o.21-) heelagter,” sê Unam se spanbestuurder, Ryno Visagie.

“Die ervare Cameron Klassen sal op die bank wees. Shareave is terug in die eerste span en ons sal graag sy spoed wil gebruik. Ons het ook 'n nuwe senterkombinasie omdat Camlo Martin uit is weens werkverpligtinge. Darryl Wellman (Namibië o.20) sal Alcino Izaacs se vennoot word.

Uit Grootfontein het die spankaptein, Wikus Jacobs, laat weet dat hul span eers by gisteraand se oefening bevestig sou word.

André Rademeyer (nou 22), die jongste stut in die 2019 Wêreldbekerspan, sal glo nie vanjaar vir Namibië beskikbaar wees nie vanweë sy voltydse boerdery, maar het hom vandeesweek by Grootfontein aangesluit.

“Yona Strijbis, 'n flank en slot, is ook weer beskikbaar as 'n kandidaat vir ons eerste span,” sê Jacobs, wat laas naweek van die voorpunt gelei het met vier drieë teen Reho Falcon.

“Ons weet Unam stel die afgelope jare die maatstaf in die premierliga en die 80 minute sal 'n barometer bied van waar ons moet verbeter en hoe ver ons vanjaar kan vorder,” sê Jacobs.

FNB UNAM: 15 Lorenzo Louis, 14 Oderich Mouton, 13 Darryl Wellman, 12 Alcino Isaacs, 11 Shareave Titus, 10 Delron Brandt, 9 Sunday Haitembu, 8 Prince !Gaoseb (kaptein), 7 Peter Diergaardt, 6 Cameron Langenhoven, 5 Berry Gande, 4 Max Katjijeko, 3 Hilwen Fourie, 2 Shaun van Wyk, 1 Desiderius Sethiel.

Reserwes: Aleck Botha, Kami Mieze, Simon Haitembu, Gilad Plaatjies, Aljarreau Zaahl, Cameron Klassen, Johannes Mwenyo.
FNB GROOTFONTEIN: 15 Ronald Deck, 14 Buruxa Geiseb, 13 Louis Grobbelaar, 12 Braam Alberts, 11 Ian Malan, 10 Jan-Harm Cronje, 9 Willem Enslin, 8 Johan Luttig, 7 Wikus Jacobs (kaptein), 6 Pieter-Daan Kok, 5 Meraere Kaapama, 4 Jonathan Strijbis, 3 Andre Rademeyer, 2 Pieter du Plessis, 1 Amutenya Amutenya.
Reserwes: Ben Brockman, Theo Bekker, Muniovita Kasiringua, Dirk Smit, Christopher Deck, Luis Talaya, Siegfried Potgieter.



WANDERERS VERLOOR QUINTIN, SKROEF

Twee spanne wat beide hul laaste wedstryde verloor het, se paaie kruis môre by Affiespark se veld.

Henry Kemp, tevore 'n afrigter van Wanderers, bring sy Walvisbaaise span Kudus om teen Wanderers te speel, waar Rohan Kitshoff nou aan die stuur is.

Kemp sê vir die bloues is die wenmotief nie oorheersend nie. “Ons wil 'n paar goed toets, kyk of ons kombinasies mekaar vind, as deel van ons leerkurwe en om ons kultuur te vestig.

“Hauta Veii (gewese stut van Unam en die Welwitschias) is waarskynlik ons grootste aanwins sedert die vorige seisoen. Hy gee nou skool op Swakopmund en het reeds goed ingepas. Hy bring 'n kalmte onder die jonger spelers.”

Kudus het 'n afnaweek gehad ná sy openingsneerlaag teen Rehoboth – dieselfde opponent wat laas naweek ook vir Wanderers laat val het. In laasgenoende wedstryd het die Wit Hingste boonop hul lang slot Ruan (Skroef) Ludick moontlik vir die volgende maand verloor, toe hy in 'n gat getrap en sy enkel beseer het.

Kitshoff sê die stut Quintin Esterhuizen, wat waarskynlik vanjaar die eerstespankaptein sou wees, het vandeesweek 'n nekoperasie ondergaan en sal moontlik nie weer rugby speel nie.

Die 26-jarige Esterhuizen het ná sy o.18 Cravenweek-deelname ook vir die Namibiese o.20-span, die Welwitschias en vier keer vir die senior toetsspan (2014 tot 2016) gespeel. “Dis vir ons 'n groot verlies, nie net as speler nie, maar ook as leier sal hy verseker by Wanderers gemis word,” sê Kitshoff.

FNB WANDERERS (waarskynlik): 15 Jamie Joseph, 14 Bredell Wessels, 13 Bernie Hugo, 12 Rico Lategan, 11 Warren Ludwig, 10 Jan Wessel Meyer, 9 Jacques Theron, 8 Riaan de Klerk, 7 Driaan Vorster, 6 Darius von Solms, 5 Adriaan Ludick, 4 Stef Botha, 3 Petri Burger, 2 Stefan Hattingh, 1 Herschel van Wyk.

• Op NMH se blinknuwe webblad www.fnbrugby.my.na kan die tellings, komende wedstrydbepalings, puntestand van die liga en nuusberigte alles op een plek verkry word.

[email protected]



FOTO’S
FNB Western Suburbs se skrumskakel AJ Kearns druk ’n drie in die voorseisoen-sege teen FNB Rehoboth, met sy kaptein Gino Wilson agter hom. Die twee spanne se liga-ontmoeting is môre op Rehoboth. Foto Andrew Poolman

FNB Grootfontein se losskakel Louis Grobbelaar tydens die rustydpraatjie van hul voorseisoen-wedstryd teen Trustco United in Windhoek. Foto Andrew Poolman

FNB Wanderers verwag dat die stut Quintin Esterhuizen se rugbyloopbaan straks verby is ná sy nekoperasie die afgelope week. Foto argief

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!