Keetmans keelvol vir skrapse werk
Mense uit ander streke geniet voorkeur met regeringsposte, beweer gemeenskapslede van Krönlein.
Inwoners van Keetmanshoop gaan vandag die ||Kharasstreek se goewerneur, me. Lucia Basson, trompop loop en ‘n petisie oor jeugwerkloosheid op dié dorp aan haar oorhandig.
Dié besluit is Dinsdag tydens ‘n gemeenskapsvergadering in die Krönlein-woonbuurt onder leiding van me. Maxie Minnaar geneem. Sowat 60 inwoners het ingestem om ‘n vreedsame protesoptog te reël.
Keetmanshopers is gegrief omdat mense uit ander streke werk in die Suide kry, terwyl húlle op straat sit.
“Hoekom word mense van buite aangestel? My seun het kwalifikasies en doen jare reeds aansoek sonder om ‘n antwoord te kry,” het ‘n bejaarde tydens die vergadering gesê.
Die groep meen Suide-inwoners word by die werwing van staatsamptenare uitgesluit. Doen hulle vir poste in ander streke aansoek, word vaardigheid in ‘n inheemse taal vereis. In die Suide geld sulke vereistes nie, beweer die groep.
Die dorpsmense is onthuts omdat die regering kinders van die vryheidstryd (struggle kids) aanstel, maar terselfdertyd sê staatsposte is weens ‘n geldtekort gevries. Keetmanshoop se jeug moet skool bywoon, studeer, vir werk soek, daarvoor aansoek doen en ‘n onderhoud slaag alvorens hulle in diens geneem word, sê die gemeenskap.
Hulle verwerp die veralgemening dat die streek se mense lui is.
“Ons is nié lui nie. Ons is hardwerkende mense,” het ‘n jong man gesê.
Gister het ‘n soortgelyke vergadering in die Tseiblaagte-woonbuurt plaasgevind om meer steun vir die protesoptog te werf. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie