Keetmanshoop sien om na lorriedrywers
Die polisiebevelvoerder in die ||Kharasstreek sê wetstoepassers is reeds op die nasionale paaie ontplooi en verkeerskontrolepunte opgerig het
Elizabeth Joseph op Keetmanshoop
As deel van die padveiligheidsveldtog vir die feesseisoen wat in Keetmanshoop van stapel gestuur is, het die munisipaliteit die afgelope Vrydag ’n kliniek by die Engen-diensstasie geopen om na die welsyn van spesifiek langafstand-vragmotorbestuurders om te sien.
Volgens komm. David Indongo, die polisiebevelvoerder in die ||Kharasstreek, is die somber werklikheid van die komende feesseisoen steeds dat padongelukke neig om gedurende hierdie tydperk toe te neem.
“As gevolg van die hoë aantal ongelukke is daar ’n behoefte om meer verkeerswetstoepassers op alle nasionale paaie te ontplooi. Dít om veiligheid op die nasionale paaie te verseker en as bewys te dien van die polisie se toewyding om al ons padgebruikers tydens die feesseisoen veilig te hou.”
Indongo het gesê wetstoepassers is reeds op die nasionale paaie ontplooi en verkeerskontrolepunte opgerig, veral op die B1 en B2 en ander sekondêre paaie.
Die padveiligheidsveldtog vir die feesseisoen het op 17 November afgeskop en sal tot 17 Januarie 2022 duur. Die fokusgebiede sluit in om vragte op voertuie dop te hou, kruispatrollies op die hoofpaaie en lukrake asemtoetse.
SORG VIR DRYWERS
As deel van sy welsynsprogram bedryf die Walvisbaai-korridorgroep (WBCG) al sedert 2012 vaste en mobiele klinieke langs paaie in onderskeidelik die Zambezi-, Erongo-, Ohangwena-, Otjozondjupa-, Omaheke- en Khomasstreek om die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se pogings te ondersteun. Dit na aanleiding van ’n memorandum van verstandhouding (MoU) tussen dié twee entiteite en in samewerking met die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (GIZ) en Engen.
Die welsynsentrum wat op Keetmanshoop geopen is, sal voorsiening maak vir mediese voorrade en verbruiksgoedere soos MIV-toetsstelle, antiretrovirale medisyne, PreExposure Prophylaxis (PreEP) asook primêre gesondheidsorgmedisyne om sleutel- en kwesbare gemeenskappe te bereik.
Verder sal die kliniek, wat in ’n vraghouer ingerig is, bykomende gesondheidsgeriewe verskaf om die reeds bestaande geriewe in die streek te ondersteun.
Die projekbestuurder, mnr. Edward Shivute, het gesê die koste om die vraghouer in ’n kliniek te omskep en vir die personeel te sorg wat hul dienste aan die sentrum sal verleen, beloop N$500 000.
“Gesprekke het vroeg verlede jaar begin toe die eerste Covid-19-geval aangeteken is. Die idee was om ’n plek te hê waar vragmotorbestuurders vinniger getoets kon word weens die risiko wat hulle dra om aan die virus blootgestel te word,” het hy tydens ’n telefoniese onderhoud gesê.
Shivute het gesê hulle sal ná Februarie 2022 die projek aan private ontwikkelingsvennote oorhandig wat daarin belangstel om die projek verder te neem en sodoende private entrepreneurs en belanghebbendes aan te moedig om betrokke te raak.
Die kliniek sal langafstand-vragmotorbestuurders teiken met gesondheids- en welsynsdienste soos MIV-toetsing, Covid-19-toetsing en -inenting, primêre gesondheidsorg en dienste soos toetsing van cholesterol- en bloedsuikervlakke, bloeddrukmetings, gratis inentings en Covid-toetsing teen ’n addisionele koste.
“Ten slotte doen ek ’n beroep op alle padgebruikers om waaksaam en toegewyd te wees om die regte ding te doen en lewens te red gedurende hierdie feestyd. Ek wens u by voorbaat ’n Geseënde Kersfees, voorspoedige Nuwejaar en ’n ongelukvrye feestyd toe,” het Indongo afgesluit. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie