Keetmanshoop sonder water
Keetmanshoop sonder water

Keetmanshoop sonder water

Henriette Lamprecht
Verskeie pypbreuke het daartoe gelei dat daar tans geen watertoevoer op Keetmanshoop is nie. NamWater het verduidelik van die pype wat leeg geloop het, het modder en afval opgetel wat onderin gaan lê. Dit moet eers skoongemaak word om te verseker vuil water loop nie in die munisipale stelsel in nie. Volgens NamWater was die plan om vanoggend om 09:00 weer met die voorsiening van water te begin, maar is modder steeds opgetel in die nuwe, inkomende vloei van die Naute - Keetmanshoop-pyplyn. Die watervoorsiener het gemaan om onsuiwer water in die stelsel te voer, gaan tot verdere probleme binne die munisipale stelsel lei. Na verwagting sal die skoon water teen 14:00 in die reservoirs begin loop en sal dit nog ten minste 12 ure neem om te normaliseer.
Die skoon water sal omtrent eers teen 8 uur begin om in die reservoirs in te loop. Daarna sal dit ten minste nog 12 ure vat om te normaliseer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!