Keetmanshoop steeds onder die loep
Elizabeth Joseph
op Keetmanshoop
Ná weke van beskuldigings dat die munisipaliteit die inwoners van Keetmanshoop se water onregverdig afgesny het, het die uitvoerende hoof van die dorpsraad, mnr. Desmond Basson, 'n klagskrif van die gemeenskap namens die burgemeester ontvang.
Sedert Julie vanjaar het die munisipaliteit sy skuld aan NamWater onder inwoners se aandag gebring as 'n manier om hulle aan te spoor om hul rekeninge te vereffen. Volgens die munisipaliteit se skakelbeampte, me. Dawn Kruger, beloop die dorp se skuld aan NamWater N$22 miljoen.
Sy het voorts gesê daar word van die dorp verwag om maandeliks N$2 miljoen terug te betaal.
Gemeenskapslede het verlede week by die munisipaliteit se kantoor saamgedrom om hul griewe te lug.
Onder die woedende skare was die sakeman en voormalige burgemeester van Keetmanshoop, mnr. Basil Brown, wat beweer hy het 'n rekening van bykans N$400 000 ontvang alhoewel sy betalings nog nooit agterstallig was nie.
“Ek is verpletter oor dít wat by die munisipaliteit gebeur. Ek praat nou as die voormalige burgemeester. My water is nou afgesny nadat ek maande lank gesmeek het dat hulle vir my 'n rekening moet stuur,” het Brown gesê.
VOORAFBETAALDE WATER
Volgens die woordvoerder sal dit ernstige gevolge vir nie-betalende en betalende kliënte inhou as die munisipaliteit 'n voorafbetaalde watertoevoerstelsel implementeer.
“Die munisipaliteit self kan die risiko loop om tot dorpsvlak afgegradeer te word, of ons sal dalk boorgatwater aan kliënte moet verskaf,” sê sy.
In die klagskrif pleit die gemeenskap die munisipaliteit moet voorafbetaalde watermeters installeer om die res van die gemeenskap toe te laat om van so min as N$100 se watervoorraad te leef.
Die klagskrif eis verder die munisipaliteit moet 'n vergadering met alle belanghebbers belê – insluitend die raad, munisipale administrasie, NamWater en die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling.
“Met 'n maandelikse gemiddeld van N$700 vir 'n huishouding, beteken dit ongeveer 10 000 liter water word deur 'n gemiddelde huishouding verbruik.
“Die gemiddelde waterverbruik per maand is gewoonlik tussen 2 000 en 3 000 liter, wat neerkom op 'n gemiddelde maandelikse rekening van ongeveer N$250, en 'n maksimum van N$350 as die waterverbruik 5 000 liter per maand is,” lui die klagskrif verder.
Wat die dorp se rekening betref en dít wat aan NamWater verskuldig is, het die burgemeester, me. Maree Smit, gesê die dorp het tot dusver N$200 000 van die verskuldigde bedrag terugbetaal.
Die ministerie het sedertdien 'n nasionale omsendbrief aan plaaslike owerhede landswyd uitgestuur waarin hulle aangeraai word om hul krediet- en skuldbeleid af te dwing en dienste vir wanbetalers verder op te skort, aangesien die land nie meer in 'n noodtoestand verkeer nie.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie