'Kemanguluko' open by Omba
'n Gesamentlike uitstalling, Kemanguluko, is op 4 September deur die bekende kunstenaar John Sampson by die Omba-galery geopen.
Die deelnemende kunstenaars is Marita van Rooyen, Tuli-Mekondjo Mbumba, Christian Goltz en Liezl Hoving.
Dit is ’n gemengde media-uitstalling wat die ingewikkelde en dikwels gepolitiseerde begrip “vryheid” verken.
“Kemanguluko” beteken “op pad na vryheid” in Oshiwambo. Die groep kunstenaars, wat die motto “Kemanguluko” hul eie gemaak het, het saamgewerk om aan kunsliefhebbers vier verskillende perspektiewe oor vryheid deur die mediums van fotografie en skilderkuns te bring.
Tuli-Mekondjo se sterk, selfversekerde lyne druk ? stille krag in haar skilderye uit en vorm ? mooi kontras met haar helder kleurkeuse om aantreklike werke te skep - elkeen ? onafhanklike verpersoonliking van haar fassinerende estetiek.
Liezl Hoving se reeks swart-en-wit-foto’s val nie streng gesproke in die swart-en-wit-genre nie, maar is eerder ? visuele samesmelting van tradisionele swart-en-wit-fotografie met die newelagtige skadu’s van naakte silhoeëtte. Die naaktheid van haar onderwerpe is ? doelgerigte benadering om gekunsteldheid weg te stroop in ? poging om gemak en ligtheid te suggereer. Die resultaat is aangrypend.
Christian Goltz is ? fyn waarnemer van die menslike karakter en hy stel drie kleurfoto’s ten toon. Die foto’s is groot portretstudies van Namibiese vroue wat direk na die toeskouer kyk. Sy doel met die foto’s is om ’n betrokke ingesteldheid van die kyker uit te daag. Deur die gebruik van verskeie subtiele tegnieke slaag hy om die oog direk na dié van sy onderwerpe te trek.
Marita van Rooyen poog om deur haar fotografie die toeskouer te dwing om uit ? ander perspektief te kyk na voorwerpe wat ons as vanselsprekende aanvaar, en ook om deur unieke persoonlike perspektiewe nuwe ontdekkings te maak. Die doodgewone word buitengewoon deur Van Rooyen se oortuigende vermoë.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie