Ken die pyn, maar los die woede
Ken die pyn, maar los die woede

Ken die pyn, maar los die woede

Dani Booysen
VRYSPRAAK SKRYF:

Sommige mense is vies vir Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb omdat hulle vir hulle so uitdruk in die parlement.

Ek sal hulle wel aanmoedig om op 'n gesonde manier hul griewe te stel, want soms kry hulle dit nie reg om alles te sê wat hulle wou sê nie as chaos ontstaan. Ek is bly dat hulle die regte kwessies aanspreek en dinge op hul name noem. Die opposisie moes dit lankal gedoen het en dit is nou die regte tyd vir al die opposisiepartye om saam te staan in sake wat die belange van die landsburgers raak.

Ons almal het vir die onafhanklikheid van ons land geveg en seergekry en ons het ook ons mense in hierdie proses verloor.

Van hulle was in die gate van Lubango en ons weet nie wat van hierdie mense geword het nie. Hulle het vir die onafhanklikheid van ons land uitgewyk maar is later as "spioene" bestempel en in die gate gegooi. Hoe verklaar jy so-iets?

Familie en vriende sit met hartseer oor hul kinders en familie wat nooit teruggekeer het nie. Dit is pynlik as jy nie eens weet waar jou geliefde begrawe is nie (as hulle ooit begrawe is).

Vandag is net sommige mense die helde wat van goud gemaak is. Jy kan hulle nie aanraak nie, jy kan niks teen hulle sê nie, dan moet jy van alle oorde af hoor dat jy nie so van "hom" of " haar" kan praat nie.

Woorde kan nie so seermaak nie. Die verlies van 'n geliefde wat nooit teruggekom het nie is groter en meer pynlik en hartseer.

Wees net kalm, Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb.

Ons ken nie politiek nie, ons ken nie die reëls van die parlement nie en julle sal later die ondersteuning van mense wat by LPM wil aansluit verloor, want ons "gewone" mense dink net julle is té kwaai en respekteer nie grootmense nie.

Ons sal julle ondersteun. Moenie baadjies uittrek en vingers wys en wil baklei nie; wees kalm; wees ons seuns en praat wat gepraat moet word. Ons het die "freedom of speech" in ons land en ek dink nie dat julle dit misbruik nie.

Ons moet nie openlik en ooglopend vir sommige leiers intree en as dit by die andere kom, maak asof ons nie gehoor of gesien het nie.

Ek het die grootste respek vir die huidige president en die voormalige presidente. Die feit is egter dat ons nog nie die vrugte pluk van 'n onafhanklike Namibië nie. Ons almal geniet nie die voordele wat die ander geniet nie.

Armoede is erg terwyl miljoene en miljarde onwettig deur sommige landsburgers se bankrekeninge gestroom het.

Kom ons gee vir die opposisiepartye kans om hul opinies te lig.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!