Kenia heropen grense na 4 maande
Mnr. Uhuru Kenyatta, die president van Kenia, het Maandag die heropening van dié land se grense “in fases” aangekondig.
Internasionale vlugte sal vanaf 1 Augustus weer operasioneel wees. Alle interne reisbeperkings sal ook gelig word.
Die besluit het ten doel om die land se sukkelende ekonomie te herstel, ná vier maande se Covid-19-inperkingsmaatreëls wat ’n negatiewe effek op sektore soos toerisme gehad het.
Kenyatta het ook inperkings gelig om in en uit die hoofstad, Nairobi, die hawestad van Mombasa en die noordoostelike Mandera te beweeg, maar het gewaarsku hy sal nie skroom om die inperkingsmaatreëls weer in te stel as die situasie vererger nie.
Kenia het tans 8 067 bevestigde Covid-19-gevalle. – Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie