Kenia, RSA daag op vir fiksheidstryd
Duathlon
Tielman van Lill – Die Namibiërs Jean-Paul Burger (nasionale manskampioen), Divan du Plooy asook Risa Dreyer (nasionale vrouekampioen) sal Sondagoggend in die elite-afdeling hoofsaaklik die aanslag van tien Keniane en drie Suid-Afrikaners moet afweer om die gesogte kontinentale duathlontitels in die Prosperity Health Afrika-kampioenskap op te raap.
Die elite-atlete hardloop eers 10 kilometer, gevolg deur 40 kilometer fietsry en ter afsluitin weer ’n hardloopskof van vyf kilometer deur Windhoek se middestad.
Burger sal die jong Du Plooy nie buite rekening kan laat nie, wat ná hom tweede in die Namibiese kampioenskap geëindig het. Du Plooy is ’n vorige nasionale driekampkampioen en ’n sterk hardloper, terwyl Burger in staat is om groot tydverskille met sy wiele in te haal of op te bou.
Dreyer, wat in beide dissiplines uitblink, het tans geen gelyke in Namibië wat haar werklik uitdaag nie. Uit Kenia sal Evalyne Mwenda en Yvonne Ojijo haar kom jaag.
Die 24-jarige Jonathan Benjamin van Oos-Londen in die RSA is ’n gesoute kalant wat in Junie vanjaar as die Suid-Afrikaanse nasionale driekampkampioen bekroon is. Benjamin het in Augustus vanjaar by die o.30-driekampwêreldkampioenskap in Edmonton, Kanada, verteenwoordig.
Die Wits-atleet Dylan Kruger (23) het in Februarie 2020 die Suid-Afrikaanse nasionale Sprint-kampioenskap gewen. Hy en Benjamin sal beslis saamspan om Burger en Du Plooy gas te gee.
Gideon Rutto en Kennedy Ochieng (beide Kenia) is ewe trots as nasionale kampioene en sal beslis nie dat die Namibiërs en Suid-Afrikaners maklik hul sin kry nie.
Die 2021 tweekamp-Wêreldkampioenskap sal op 6–7 November in Avilés, Spanje, plaasvind.
Elite mans inskrywings (11): Jonathan Benjamin, Dylan Kruger (beide RSA), Gideon Rutto, Kennedy Ochieng Onyango, James Mwaura Mbugua, Gabriel Ambuko Ambeba, Soud Hassan Soud, Kelvin Kimurgor, Eddy Odhiambo Onyango (almal Kenia), JP Burger, Divan du Plooy (beide Namibië).
Elite vroue inskrywings (7): Risa Dreyer (Namibië), 2 Evalyne Mwenda, 3 Yvonne Ojijo (beide Kenia), 4 Lelanie Swart, 5 Benita Kasch, 6 Anri Krugel, Adelé de la Rey (almal Namibië).
Die Namibiese nasionale span:
Meisies o.12: Nicole Suren. Seuns o.12: Micah Chase, Matt-Reece Izaaks.
Meisies 12-15 jaar: Rosemarie Thiel, Chloe Rossouw. Seuns 12-15 jaar: Roger Suren, Nathan Chase.
Junior meisies: Corley Viljoen, Hilde-Marie Olivier. Junior seuns: JG van der Westhuizen, Nicolis du Plessis.
Vroue (25-29 jaar): Anri Krugel. Mans (25-29 jaar): Gino Chiappini, Josua Roberts, JF Labuschagne, Jurgen van Wyk.
Subveteraanvroue: Benita Kasch. Subveteraanmans: Petrus Human.
Veteraanvroue: Adelé de la Rey, Marion Schonecke. Veteraanmans: Ian Grassow.
Meestersvroue: Karin Brockmann. Meestersmans: Greg Chase, Harald Preschel.
Elite vroue: Risa Dreyer. Elite mans: Jean-Paul Burger, Divan du Plooy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie