Kenia slaan 'n vet slag by Rugby Afrika
Politieke besluite in die raadsale kan 'n wesenlike invloed op die komende seisoene hê.
Andrew Poolman - Advertensies vir aansoeke vir 'n nuwe hoofafrigter van die Namibiese nasionale rugbyspan sal voor die einde van die week in die plaaslike koerante verskyn, het die president van die Namibië Rugby-unie (NRU), mnr. Corrie Mensah, gister bevestig.
Die ander poste wat die NRU vandeesweek in die pers asook op sosiale media sal begin adverteer, is vir afrigters van die nasionale sewesspan (David Philander was in waarnemende hoedanigheid vir die 2019 Afrika-kampioenskap) asook vir die Namibiese o.20-span.
In al die gevalle is Vrydag 14 Februarie die sperdatum vir aansoeke.
Johan Diergaardt, tans in die binnebaan om die hoofafrigterpos te kry wat deur die vertrek van Phil Davies ná vyf jaar vakant gelaat is, het verlede jaar ook die o.20's op 'n mislukte sending na Nairobi afgerig.
Kenia se jongspan het Namibië in die spannende beslissende wedstryd danksy 'n laat strafdoel met 21-18 verslaan. Dié uitslag het verseker dat die Oos-Afrikane vir die eerste keer sedert 2009 weer aan die Wêreldrugby Junior Trofee-toernooi kon deelneem, ten koste van Namibië wat vanaf 2013 tot 2018 'n onafgebroke greep op die kontinentale kompetisie behou het.
Mensah was gister nie beïndruk met Rugby Afrika se nuusverklaring dat die aanbiedingsregte vir die Barthes Onder 20-toernooi vir die volgende drie jare aan Kenia toegeken is nie.
Volgens Mensah kan die onderliggende agenda bespeur word, om Kenia se ontwikkeling vir die volgende senior Wêreldbeker-vierjaarsiklus 'n hupstoot te gee.
In sekere Afrika-lande word juis lankal gebrom dat 'n meer etniese swart span as Namibië die vasteland by die vierjaarlikse wêreldskouspel behoort te verteenwoordig.
Hierdie agenda het verlede jaar openlik deurgeskyn toe Rugby Afrika skielik 'n beperking ingestel het dat Diergaardt se Namibië-span 'n maksimum van vier spelers van buite die landsgrense mag gekies het.
Mensah sê hy het 'n paar besware oor die ondeursigtigheid van die prosedure van die o.20-toekenning aan Kenia en dat hy dit met die moontlike steun van ander lande met Rugby Afrika sal wil bespreek.
Mensah het pas uit Londen teruggekeer waar hy Wêreldrugby se konferensie oor kompetisies en wedstryde bygewoon het.
“'n Nuwe wêreldwye kompetisiemodel is opgestel wat in 2021 in werking sal tree. Hieroor mag ek egter niks uitlap nie, want Wêreldrughby sal self die aankondiging Donderdag om 10:00 GMT doen,” sê hy.
Die rugbybaas sê vir die 2020-seisoen word bevestiging nog afgewag van die SA Rugby-unie oor die groep (verkieslik Noord) waarin die Windhoek Draught Welwitschias vir die SuperSport-reeks geplaas sal wees.
Die terugkeer van Rugby Afrika se kompetisie (nou vergroot tot 12 spanne) sal vanjaar 'n paar ekstra toetse vir Namibië inhou, insluitend Zambië en Madagaskar as hul eerste opponente in groep A.
Mensah sê Namibië was hoopvol om Georgië vanjaar hier te kon ontvang as deel van hul toer na Suid-Afrika. “Ons het in Desember hieroor begin praat en ek het gehoop ons sou dit by die Londen-vergadering kon vasknoop. Met Georgië se druk internasionale program lyk dit egter nou onwaarskynlik dat hulle 'n toets in Windhoek sal kan bywerk.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie