Keniaanse betogers brand buitebande
Keniaanse betogers brand buitebande

Keniaanse betogers brand buitebande

Estelle de Bruyn
Betogers in Kenia se westelike stad, Kisumu, het paaie gister met brandende buitebande en klippe geblokkeer en geëis die ­verkiesingsliggaam, wat volgende jaar se verkiesings moet reël, moet bedank.
Die polisie en betogers het sedert láát April herhaaldelik slaags geraak tydens protesoptogte wat byna weekliks deur die opposisie gereël is en waarin die onafhanklike verkiesing- en afbakeningskommissie van partydigheid beskuldig word.
Kisumu en ander dorpe in die weste van die Kenia is opposisievestings en het reeds van die ernstigste g­eweldpleging beleef. Drie mense is in gevegte in die streek op 23 Mei dood.
Die polisie het ook met betogers in Nairobi gebots, waar die opposisie gister vergaderings beplan het.
’n Vergadering verlede week tussen pres. Uhuru Kenyatta en die opposisieleier, Raila Odinga, kon nie daarin slaag om die spanning te verlig in ’n land wat geneig is om politieke onrus te beleef nie. Geweldpleging ná die 2007-verkiesing het die lewens van ongeveer 1 200 mense geëis.
Die opposisie eis ’n dialoog om die verkiesingskommissie te hervorm.
Verkiesingskommissarisse ontken vooroordeel en sê hulle wil aanbly. Die regering hou vol dat enige hervormings grondwetlike kanale moet volg, wat ’n petisie aan die parlement vereis waar Kenyatta se Jubilee-koa­lisie ’n meerderheid het.
- Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!