Keniaanse verkiesingsbeamptes bedank
Keniaanse verkiesingsbeamptes bedank

Keniaanse verkiesingsbeamptes bedank

NAMPA
Drie Keniaanse verkiesingsbeamptes het Maandag bedank.

Dit het tot ‘n toename in die chaos by die verkiesingskommissie ná verlede jaar se verbroude presidentsverkiesing gelei. Die verkiesings moes herhaal word en is deur opposisie geboikot.

Die bedankings laat net twee kommissarisse en die voorsitter van die onafhanklike verkiesing- en afbakeningskommissie (IEBC) oor. Die hoofbeampte van die kommissie is verlede week met drie maande verpligte verlof gestuur, hangende ‘n ouditering oor aanskaffings.

“Die gebeure wat tot die skorsing van die hoofbeampte gelei het, het ons wankelrige vertroue in die voorsitter van die kommissie tot in die fondamente geskud,” het die IEBC se visevoorsitter, Consolata Nkatha Maina, en die kommissarisse Margaret Mwachanya en Paul Kurgat in ‘n verklaring gesê. Hulle sê nie al ses kommissarisse was teenwoordig toe oor die skorsing gestem is nie.

Die voorsitter van die IEBC, Wafula Chebukati, het in ‘n verklaring Maandagaand gesê die drie beamptes wat bedank het, “het nie openbare bates teruggegee wat aan hulle toevertrou is nie”. Hy het gesê die kommissie se werksaamhede is op koers, ondanks die bedankings en voortgesette ouditering.

Die meerderheidsleier in die Keniaanse senaat, Kipchumba Murkomen, het gesê Chebukati en die twee oorblywende kommissarisse behoort binne ‘n week te bedank of ‘n tribunaal sal aangestel word om ondersoek na hulle te doen.

“My beroep op die IEBC-kommissarisse om te bedank is gegrond op onlangse gebeure wat met ‘n bakleiery oor tenders asook beheer en manipulasie van IEBC-personeel te make het,” het Murkomen op Twitter gesê.

Verlede jaar se herhaling van die verkiesing het vrese vir ‘n terugkeer na politieke geweld in Kenia laat ontstaan waar meer as 1 200 mense in die betwiste 2007-verkiesing dood is.

Selfs voor die verkiesing wat op 8 Augustus verlede jaar gehou is, het baie Keniane, onder wie die opposisieleier, Raila Odinga, die vermoë van die IEBC bevraagteken om vrye en regverdige verkiesings aan te bied. Enkele dae voor die verkiesing is ‘n verkiesingsbeampte in raaiselagtige omstandighede dood aangetref.

In Oktober, ‘n week voor die tweede verkiesing, het ‘n verkiesingskommissaris, Roselyn Akombe, bedank en gesê sy en haar personeel is herhaaldelik gedreig. – Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2025-01-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 23° | 34° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 20° | 31° Otjiwarongo: 19° | 31° Omaruru: 21° | 35° Windhoek: 18° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 22° | 35° Mariental: 24° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 20° | 33° Ariamsvlei: 23° | 39° Oranjemund: 17° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 33° Lubumbashi: 16° | 19° Mbabane: 14° | 27° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 18° | 24° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 18° | 33° Cape Town: 20° | 23° Durban: 20° | 27° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 17° | 25° Harare: 16° | 23° #REF! #REF!