Kenner help danssport ophef
Kenner help danssport ophef

Kenner help danssport ophef

Danssport
Namibia Dance Sport Academy, in vennootskap met die Suid-Afrikaanse Danssportskool-liga, het in Februarie ’n driedaagse slypskool by die Nasionale Teater van Namibië (NTN) vir afrigters en beoordelaars aangebied.

Dansinstrukteurs en beoordelaars, asook verteenwoordigers van drie danssportklubs en van talle privaatskole en staatskole het die slypskool bygewoon.

Die Ohangwenastreek was met elf skole sterk verteenwoordig. Uit Omusati was daar agt skole, ses uit Hardap (insluitend die private dansskool Grant Dance Studio), een uit //Karasstreek, een uit Omaheke en twee uit Kavango-Wes.

Die Khomasstreek het vier private dansskole, asook onderwysers en deelnemers van omtrent 13 laer- en hoërskole teenwoordig gehad.

Die Namibiese Olimpiese Komitee (NNOK), verteenwoordig deur sy sekretaris-generaal me. Joan Smit, het die slypskool grootliks ondersteun deur die koste van die kursusleier mnr. Craig Bullock van Suid-Afrika se konsultasiefooi en verblyfkoste vir die drie dae te betaal.

Daar was ook ondersteunende borgskappe deur partye soos die Sportkommissie en ministerie van sport, jeug en nasionale diens, wat busvervoer en koshuisverblyf vir die deelnemers van verafgeleë streke beskikbaar gestel het.

Die Nasionale Teater het die gebruik van sy venue geborg, terwyl die After School Centre in Katutura die bymekaarkomplek vir die skoolgaande dansers was.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!