Kennis in baan- en velditems opgeknap
Atletiek
Die 2018 Marathon Sugar en Bank Windhoek afrigterskliniek vir baan- en veldatletiek word in die komende dae eers in Windhoek en daarna op Swakopmund aangebied.
Die Windhoek-kliniek duur van Donderdag 6 tot Saterdag 8 September, voordat Swakopmund vanaf Maandag 10 tot Dinsdag 11 September aan die beurt kom.
Die afrigtingsklinieke wat deur wyle Quinton-Steele Botes op die been gebring is, word steeds in verskillende streke van die land voortgesit en word deur borge soos Marathon Sugar, Bank Windhoek, Coca-Cola en Gondwana moontlik gemaak.
Gedurende 2016 is dit in die Noorde aangebied en verlede jaar in Hardapstreek.
Komende Donderdag en Vrydag kan afrigters, ouers en onderwysers die kliniek bywoon en Saterdag is al die afrigters welkom by die Afrigtersforum by SKW wat deur die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee (NNOK) gereël word.
Die instrukteurs vir die kliniek gaan daarna Swakopmund toe om op 10 en 11 September die afrigters en atlete van die Erongostreek met hul tegniek te help opskerp.
Die strewe met die klinieke is om afrigters oral in die land te bemagtig om veral op grondvlak met atlete te kan werk en om hulself met kennis te vul, om atlete en talent te ontdek, kennis op te bou en hulself te ontwikkel om atlete tot op die land se nasionale vlak te bring.
Tannie Ans Botha, ’n oud-Namibiese afrigter wat met die Olimpiese en wêreldrekordhouer en -kampioen Wayde van Niekerk wêreldbekendheid verwerf het, sal Vrydag en Saterdag vir afrigters ’n motiveringspraatjie gee.
Die instrukteurs wat vanjaar die kliniek sal behartig, sluit in Charley Strohmenger (spronge) wie se atlete tevore tot op Olimpiese en Statebondspele deelgeneem het en ook SA rekordhouers insluit; en Linly de Beer (worpe) wat atlete na die Afrika-kampioenskap afgerig. Linly is veral ’n bekwame afrigter in hamergooi – ’n dissipline wat die organiseerders ook in Namibië wil bevorder .
Enige navraag kan aan [email protected] of 081 127 1193 gerig word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie