Kennis in Hardap verbreed
Kennis in Hardap verbreed

Kennis in Hardap verbreed

Atletiek
Die Hardap atletiekkomitee het onlangs ’n driedaagse kliniek aangebied waar deelnemers hulle as tegniese beamptes vir baan- en veldbyeenkomste kon bekwaam.

Altesame 24 onderwysers van plekke soos Aranos, Gochas, Stampriet, Hoachanas, Gibeon, Kries, Maltahohe, Uibes, Klein Aub, Rietoog, Schlip, Duineveld, Omamas en Mariental het die geleentheid aangegryp.

Die beamptes se teoretiese kennis is opgeknap en beproef, met hul eerste praktiese toets was onmiddellik daarna, as deel van die Hardap-atletiekkampioenskap wat op 25 Mei op Mariental gehou is. Beamptes moet elk minstens drie praktiese deelnames by byeenkomste voltooi om as vlak 1 gekwalifiseerd beskou te word. Hierna word ’n sertifikaat van voltooiing oorhandig, wat hulle in staat stel om by plaaslike, streek-, nasionale en internasionale kompetisies binne die landsgrense op te tree.

Altesame 72 atlete het aan die Hardap-kampioenskap deelgeneem, wat van so ver as Keetmanshoop, Windhoek, Rehoboth, Aranos, Stampriet, Swakopmund en Mariental versamel is.

Die Hardap Atletiekkomitee bedank sy vennote die ministerie van onderwys, kuns en kultuur (Hardapstreek direktoraat), /Aimab Super Farm, Coca-Cola Namibia, Atletiek Namibië, mnr. Bethold Karumendu en Tahiti Guesthouse.

Die organiseerders sê hulle is sodanig bemoedig deur die ondersteuning van die genoemde borge dat hulle aangespoor is om die geleentheid volgende jaar nog ’n vlak hoër te neem.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!