Keramiek Biënnale open by NAGN

Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Die Pottebakkersvereniging van Namibië (PAN) se sewende Nasionale Keramiek Biënnale het op Donderdag 3 September by die Nasionale Kunsgalery van Namibië geopen.
Die internasionaal bekende keramiekkunstenaars Anton en Hanlie Bosch het die werke van Namibiese pottebakkers beoordeel en ook van hul eie werke uitgestel.
In sy boodskap het Bosch gesê dat die pottebakkerskuns ? reis en ? interaksie met die klei as medium is en dat die eindproduk altyd ? verrassingselement het. Respek vir die rou materiale wat gebruik word, is integraal tot die kunsvorm ten einde oorspronklike werke met integriteit te skep. Om vanuit die hart te werk, is voorts vir Bosch ? noodsaaklike deel van die skeppingsproses.
Die gesamentlike wenners van die Premierprys is Maryke Maree, Heleen van Helsdingen en Jacqui Janse van Rensburg. In die wielwerk-kategorie het Van Rensburg ook met die eerste prys weggestap, met Rosemarie Praetorius en Uschi Bauer onderskeidelik in die tweede en derde plek.
Maree het in die handwerk-kategorie ook die eerste plek verwerf, terwyl die tweede plek aan Izaan Pauw toegeken is en Elke le Roux derde was. In die beeldhou-kategorie was Mitchell Gatsi, Sharon Flewellen en Rosa Smit onderskeidelik eerste, tweede en derde.
Bosch het uitgewys dat die individuele kunstenaars almal in eie reg gepresteer het deur treffende, unieke werke met besondere afwerkings te lewer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!