Kerina ‘in lewe nooit na behore geëer’
Prof. Mburumba Kerina het dié week een van Covid se groeiende lys bekende slagoffers geword.
Augetto Graig – Prof. Mburumba Kerina is oorlede. Die man wat volgens verskeie bronne Namibië reeds in 1961 sy naam gegee het, is Maandagaand in die Katutura staatshospitaal aan Covid-19-verwante oorsake oorlede. Hy was 89 jaar oud.
Gister het die Namibiese politieke kundige mnr. Phanuel Kaapama gesê Kerina was op verskeie gebiede 'n pionier, 'n man vir wie die land dikwels nie gereed was nie, met toekomsgerigte gedagtes wat hy graag met veral jong mense gedeel het.“In Amerika was hy een van die eerste swart mense om te gradueer en om in politieke wetenskap klas te gee,” sê Kaapama. Gedurende sy benadering tot die Verenigde Nasies om Namibië se onafhanklikwording te bepleit, het Kerina hoofman Hosea Kutako aangeraai om 'n multi-etniese afvaardiging te stuur.
“In dié sin was hy een van die eerste Namibiese nasionaliste – wat nie net sy eie stam bevorder het nie, maar Namibië as 'n multi-kulturele, veeltalige en multi-etniese samelewing gesien het. Die vraag bly of Namibië hom ooit werklik vir sy bydrae erken het? Miskien noudat hy weg is, sal hy die groot erkenning kry wat hy verdien,” sê Kaapama.
Die Nudo-parlementslid mnr. Josef Kauandenge sê die blote feit dat Kerina in Katutura staatshospitaal gesterf het, spreek van die gebrek aan erkenning deur die regering. “Al noem ons hom môre 'n nasionale held en gee hom 'n staatsbegrafnis, wat help dit nou? Dis 'n jammerte ons kon nie na hom omgesien het terwyl hy hier met ons was nie,” sê Kauandenge.
Kerina se kleurvolle, invloedryke lewe het reeds in wyle dr. Klaus Dierks se aanlyn biblioteek van Namibiese biografieë 'n langer as gemiddelde inskrywing opgelewer. Hy is op 6 Junie 1932 op Tsumeb gebore en moes later die naam Eric Getzen aanneem om die land te verlaat en sy náskoolse studies voort te sit, volgens Dierks se geskiedskrywing.
In 1953 het Kerina 'n studiebeurs by Lincoln-universiteit in die VSA opgeneem en in die sestigerjare het hy 'n professor in Afro-Amerikaanse studies by die Brooklyn College in New York geword. Vanaf 1956 het hy aan die VN skriftelike vertoë begin rig en in toesprake probeer oortuig dat Namibië se onafhanklikheid van Suid-Afrika moet verkry. Saam met eerwaarde Michael Scott was hy die eerste om voor die internasionale hof van geregtigheid (ICJ) namens Namibië te betoog.
Volgens Dierks was Kerina betrokke by die vestiging van verskeie Namibiese politieke partye – insluitend die Ovamboland People's Organisation (OPO) wat uit die Ovamboland People's Congress gevorm is, wat later Swapo geword het, waarby hy aangesluit het.
Kerina het ook die National Independence People's Party help stig, die Independence and National Convention Party, die National Unity Democratic Organisation (Nudo), die South West African National United Front, die Namibia Patriotic Coalition, die Namibia National Democratic Coalition en die Federal Convention of Namibia, volgens Dierks se databasis.
Ten opsigte van die huidig hoogs aktuele eis dat Duitsland reparasie op grond van die volksmoord van 1904-1908 verskuldig is, was Kerina ook 'n voorloper. Hy was ook 'n skrywer en sy eerste boek “Namibia, the making of a nation” van 1981 is gevolg deur “Chief Hosea Kutako, the Chief and Legend” in 2004, asook “The Namibian Petitioners” wat die afgelope jare onder redigering is.
– [email protected]
FOTO’
Prof. Mburumba Kerina se geliefde vrou Naomi is in 2017 oorlede. Foto Namibian Sun argief
Prof. Mburumba Kerina se stryd vir Namibië se onafhanklikheid en sy bydrae tot die land word onthou. Foto Namibian Sun argief

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie