Kerkbywoning verdeel Namibiu00ebrs
Kerkbywoning verdeel Namibiu00ebrs

Kerkbywoning verdeel Namibiërs

Denver Kisting
Denver Kisting – “Vir geloofsleiers om aan te hou om kerkdienste te hou, is agterlosig en niks anders as selfdood nie. Die virus diskrimineer nie op grond van spiritualiteit nie. Laat die gemeente tuis aanbid en bid.”

So sê die TV-persoonlikheid Ricardo Goagoseb.

“Die doeltreffendste manier om die virus in bedwang te hou vir ’n land soos ons s’n met ’n swak openbare gesondheid -stelsel is om dit te isoleer.”

Me. Jenny Carstens, ’n inwoner van Walvisbaai, stem nie saam nie. Sy het wel gisteroggend kerk toe gegaan.

“(Ek) wou tyd deurbring in die teenwoordigheid van God met my medebroers en -susters.”

Sy sê die Walvis Bay Community Church, waar sy aanbid, was full house.

Me. Theoline Swartland, ’n inwoner van Rehoboth, sê: “Ek’t maar by die huis die Bybel gelees en gebid.”

Die NG gemeente in Pionierspark het die afgelope Saterdag dié boodskap met gemeentelede gedeel: “Liewe vriende, ons is bewus van die eerste gevalle van die coronavirus wat vandag in Windhoek bevestig is, asook die waarskuwing teen groot groepe wat saam vergader. Vir nou sal ons môre steeds kerk hou vir almal wat nog wil bywoon. Deur die week sal ons julle op hoogte van verwikkelinge hou. Ons raai aan dat as jy ouerig of siekerig is, jy liewer kontak met groot groepe mense vermy. Intussen bid ons vir almal wat geraak is deur die coronavirus.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-03-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer