Kerkgangers jubel oor klein Eden
Vyf vermeende ontvoerders is in die loop van Vrydagnag en Saterdagoggend in hegtenis geneem.
Ügen Vos - Die mense in die stampvol ouditorium van die Bridge Church in Randhart, Alberton, het gisteroggend in luide applous uitgebars toe past. Trevor Coleman aankondig die ontvoerde baba, Eden Laird, is veilig terug in sy ma se arms.
Die Lairds is lede van die gemeente, maar was nie gister by die diens nie. Michael Basch, familiewoordvoerder, het vroeër aan Netwerk24 gesê die gesin het tyd nodig om te herstel nadat hul jongste seuntjie van 13 maande Woensdag ontvoer is en Saterdag omstreeks 01:00 met sy ouers herenig is.
Coleman het aan kerkgangers gesê die afgelope week se gebeure het hom soos nooit tevore nie bewus gemaak van hoe belangrik dit is om uit te reik en mekaar te ondersteun.
“Ek het hierdie week gekyk hoe ’n familie deur hel en algehele sielesmart gaan,” sê hy. Hy het bygevoeg dat hy van minstens 67 kerke weet wat vir die veilige terugkeer van klein Eden gebid het.
Coleman sê die kerk se ondersteuningsgroepies en die Lairds se vriende was deurentyd daar om hulle by te staan. Hy het ook die polisie, veiligheidsgroepe en almal wat gehelp het om Eden te vind vir hul toewyding bedank.
Coleman se preek het onder meer gefokus op die Samaritaanse vrou wat vir Jesus water geskep het.
Dit was in Bybelse tye taboe vir die meeste Jode en veral rabbi’s om met Samaritane te meng en vir mans om met vreemde vroue te praat. Jesus het egter toe hy vlees geword het, vir almal kom sterf en deur sy voorbeeld gewys daar is geen skeidslyne tussen mense nie, sê Coleman.
Polisie
Eden, wat Woensdag uit sy ouerhuis in Brackendowns, Alberton, ontvoer is, is 25 km verder in ’n vervalle buitekamer in Windmill Park, Boksburg, aangehou.
’n Losprys van R6 miljoen is vir sy vrylating van die Lairds geëis.
’n Polisietaakspan het die ontvoering van meet af aan ondersoek. In ’n intelligensie gedrewe operasie het hulle Vrydagaand net ná middernag toegeslaan toe twee van die vermeende ontvoerders die losprys in Ekurhuleni-Wes sou oplaai.
Die Lairds se jarelange huiswerker, Cleopatra Manjankosi, is een van vyf vermeende ontvoerders wat in die loop van Vrydagnag en Saterdagoggend in hegtenis geneem is.
Hulle sal na verwagting vanoggend in die landdroshof in Alberton verskyn.
Die Lairds het Saterdag in ’n verklaring die polisie op provinsiale, kluster- en plaaslike vlak bedank. Die Brackendowns-gemeenskapspolisiëringsforum, Fedelity- gespesialiseerde dienste en Rentrak R4 is ook uitgesonder in die verklaring. Benewens familie en vriende en die Pink Ladies, ’n organisasie wat inligting oor vermiste mense versprei, het die Lairds die Bridge-kerk hartlik bedank vir “hul ongelooflike ondersteuning”.
Die kerk het onder meer gereël dat die drie ander seuns van die Lairds versorg word en die familie van etes voorsien.
“Dit is net deur die genade van God dat almal betrokke veilig gehou is. Dit is ’n bewys van Sy mag dat Eden gered en gesond is,” aldus die verklaring. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie